Home Tuisblad Tegniese Ondersteuning
Besoek ons blog
Tuisblad

Sluit nou aan
Klik op die graad van jou keuse vir meer besonderhede en om jou bestelling te plaas.

                               
                               


Kersfees Spesiale Aanbod 
33% Af van alle pakkette vir 2020 subskripsies



Die beste geskenk wat jy aan jou kinders hierdie Kersfees kan gee is ’n akademiese voorsprong
Gee vir jou kinders die beste geleentheid om hul potensiaal te bereik. Jy kan aansluit vir ’n Afrikaanse Skoolprojekte subskripsie teen ’n verlaagde prys. Ons jaarlikse Kersfees Spesiale Aanbod is nou lewendig! Bespaar 33% op alle pakkette vir 2020 subskripsies. Sluit aan by ons en kry toegang tot die beste studie hulpmiddels. Maak 2020 ’n ongelooflike skooljaar. Wees gereed.


Welkom by Afrikaanse Skoolprojekte
Afrikaanse Skoolprojekte is ’n aanlyn opvoedkundige platform wat aan leerders waardevolle hulpbronne bied en leerders in hul akademie ondersteun. Hier sal jy waardevolle hulpbronne kry wat jou kinders se ontwikkeling van Graad 1 tot Graad 10 bevorder. As een van Suid-Afrika se toonaangewende opvoedkundige webtuistes het ons ’n ongeëwenaarde reeks opvoedkundige materiaal saamgestel wat jou kinders ’n effektiewe hupstoot sal gee in hul akademiese vordering.

Afrikaanse Skoolprojekte is gestig in 2005 en ons Engelse webtuiste, ASP-SchoolProjects, in 2013. Afrikaanse Skoolprojekte is dus ’n gevestigde; vooraanstaande opvoedkundige besigheid met jare lange ondervinding. Sedert ons stigting, het Afrikaanse Skoolprojekte vinnig die eerste keuse vir ouers geword om te verseker dat hul kinders die beste onderrig moontlik kry. Ons sukses en voortbestaan is te danke aan die voortdurende ondersteuning van ons lojale kliënte. Ons het groot waardering vir elkeen.


Waarom ouers op Afrikaanse Skoolprojekte vertrou
Ons bied ’n wye verskeidenheid eksamenvraestelle en oefentoetse aan om leerders voor te berei vir die tipe vrae wat hulle op van die belangrikste dae van hul lewens sal kry. Sukses op ’n vroeë ouderdom kan ’n verskil maak in kinders se toekoms.

Ons hoë gehalte studiemateriaal vorm ’n noodsaaklike deel van huiswerk opdragte en toets- en eksamenvoorbereiding, om te verseker dat leerders hul potensiaal op skool bereik. Kinders besef vinnig die voordele van ons oefentoetse en ervaar die uitdagings van werklike eksamensituasies met minder angs en veel meer vertroue in hul eie vermoëns.


Hoekom jy by ons moet aansluit
Ons span by Afrikaanse Skoolprojekte is passievol oor die akademiese opleiding van kinders. Dit is ons doel om jou kinders in hul akademie te ondersteun en aan hul die geleentheid te gee om hul potensiaal op skool te bereik. Ons spesialiseer in toetse en eksamenvraestelle. Ons wil verseker dat leerders ten volle voorbereid is vir toetse en eksamens.


Die voordele van ’n Afrikaanse Skoolprojekte subskripsie
• Jy kry toegang tot hoë kwaliteit studie- en skoolverwante hulpmiddels.
• Jy kan die hele jaar se werk (al die kwartale) onmiddellik aflaai.
• Jy kry ’n voorsprong bo ander wat nie ’n subskripsie het nie.
• Jy kan vooruitbeplan. Om vroegtydig te begin leer is krities vir sukses.
• Jy kan toets of jy gereed is vir eksamens en areas sien waarop jy nog moet fokus.

Vind meer uit oor subskripsie planne hier.


Wat ons doen
Ons dienste werk op ’n subskripsie basis. Hierdie subskripsie is ’n lisensie wat jy aankoop vir die persoonlike gebruik van ons produkte.

• Hoë kwaliteit opvoedkundige hulpbronne op ons webtuiste
• CAPS oefen-eksamenvraestelle en werkkaarte met memo’s vir alle vakke
• Aflaaibare en uitdrukbare PDF dokumente
• Toegang vir die hele jaar
• Graad 1 – 10


Ons produkte
Ons hulpbronne is beskikbaar in twee pakkette, naamlik die Standaard Pakket en Prima Pakket of as Individuele Produkte. Ons Werkboeke en Eksamenvraestelle & Antwoorde word per graad saamgestel. Sodoende het kinders ’n volledige stel hulpbronne om akademiese sukses vir die hele jaar te verseker en met sekerheid voort te gaan na die volgende graad die volgende jaar.


Standaard Pakket
Die Standaard Pakket bevat vraestelle en werkkaarte met memo’s (antwoorde) vir alle vakke per graad. Dit is ontwerp om leerders te help tydens voorbereiding vir toetse en eksamens. Die vraestelle is op CAPS gebaseer.


Prima Pakket
Die Prima Pakket bevat alle produkte wat jou kinders benodig vir akademiese sukses. Dit sluit in dieselfde vraestelle en werkkaarte per graad soos uiteengesit in die Standaard Pakket. Addisionele produkte verseker vir ’n afgeronde akademiese ervaring.


Individuele Produkte
Verskeie produkte is ontwikkel om leerders te ondersteun in spesifieke areas wat krities is vir hul akademiese fondasie. Ons Individuele Produkte tesame met die werksvelle en eksamenvraestelle van ons Standaard Pakket vorm deel van ons Prima Pakket.

Lees meer oor ons produkte op hierdie bladsy.


Oor ons Werkboeke en Eksamenvraestelle & Antwoorde
Vakke beskikbaar per graad
Klik op die graad van jou keuse vir meer besonderhede.

Graad 1;   Graad 2;   Graad 3
Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Wiskunde

Graad 4;   Graad 5;   Graad 6
Afrikaans Huistaal; English First Additional Language, Lewensvaardighede; Natuurwetenskappe en Tegnologie, Sosiale Wetenskappe: Geografie, Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis en Wiskunde

Graad 7;   Graad 8;   Graad 9
Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Wiskunde, Lewensoriëntering, Natuurwetenskappe, Tegnologie, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Sosiale Wetenskappe: Geografie, Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis, Skeppende Kunste

Graad 10
Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Wiskunde, Wiskundige Geletterdheid, Lewensoriëntering, Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe, Siviele Tegnologie,
Rekenaartoepassingtegnologie, Rekeningkunde, Ekonomie, Besigheidstudies, Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Geografie, Geskiedenis, Toerisme


Hoe om aan te sluit
1. Registreer as ’n nuwe gebruiker op ons webtuiste om jou profiel te skep, indien jy nie vantevore aangesluit het nie. Jou rekening word benodig om jou subskripsie te aktiveer.
2. Teken in op jou rekening met jou e-posadres en wagwoord.
3. Klik op die graad van jou keuse op ons tuisblad.
4. Jy sal gerig word aan daardie graad se bladsy.
5. Klik op “Na Mandjie” om byvoorbeeld die Prima Pakket in jou mandjie te plaas.
6. Die Prima Pakket sal in jou mandjie verskyn aan die regterkant van die webblad.
7. Klik op “Bestel Nou” en op die volgende bladsy na “Gaan Voort”.
8. Jy kan jou betaalmetode kies, nl. Kredietkaart-, EFT- of Debietorder Transaksie.
9. Aanvaar die bepalings en voorwaardes.
10. Klik op “Voltooi Bestelling” om die bestelling te finaliseer.

Besoek asseblief hierdie bladsy vir volledige stappe om aan te sluit.


Wat ander ouers sê
“Vandat ons ingeteken het op die webtuiste het my kinders se punte aansienlik verbeter. Dit is lekker om hul kennis te toets en jul vraestelle is van hoë gehalte.”
~ Petro Rossouw

“Ons het nog elke jaar aangekoop om die nuwe inligting af te laai. Ons huishouding kan nie sonder Afrikaanse Skoolprojekte nie. My kinders kry al die inligting vir hul portfolios en hul rapport-punte skitter. Uitstekende diens!”
~ Lititia Durant

“Dankie vir ’n WONDERLIKE webtuiste, dis vir my elke sent werd! Ek is opgewonde oor al die dinge wat ek saam met my kind leer.”
~ Cherise Fourie

Lees nog terugvoer van ander ouers hier.


Bepalings en Voorwaardes
Een subskripsie per gebruiker (een gesin).
Subskripsie geldig tot 31 Des. 2020.
Lees ons volledige Bepalings en Voorwaardes hier.


Afrikaanse Skoolprojekte
Verbreed jou kennis | Oortref jou potensiaal

My Mandjie
Produk Prys  
Totaal: R0.00  
Sagepay
Ons doel is om leerders en hul ouers te ondersteun in die voorbereiding van hul toekoms!
© Alle regte voorbehou. Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer of gekopieer en versprei of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van die eienaar van Afrikaanse Skoolprojekte nie.