Home Tuisblad Tegniese Ondersteuning
Besoek ons blog
Produk Inligting

Produk inligting
Afrikaanse Skoolprojekte is ’n aanlyn opvoedkundige platform wat aan leerders waardevolle hulpbronne bied en leerders in hul akademie te ondersteun. Dit is ons doel om jou kinders in hul akademie te ondersteun en aan hul die geleentheid te gee om hul potensiaal op skool te bereik.

Ons spesialiseer in toetse en eksamenvraestelle. Ons wil verseker dat leerders ten volle voorbereid is vir toetse en eksamens. Ons verskaf ook ’n verskeidenheid ander produkte wat leerwerk en huiswerk vergemaklik.


Wat ons doen
• Hoë kwaliteit opvoedkundige hulpbronne op ons webtuiste
• CAPS oefen-eksamenvraestelle en werkkaarte met memo’s vir alle vakke
• Aflaaibare en uitdrukbare PDF dokumente
• Toegang vir die hele jaar
• Graad 1 – 10


Ons produkte
Ons hulpbronne is beskikbaar in twee pakkette, naamlik die Standaard Pakket en Prima Pakket of as Individuele Produkte.


Standaard Pakket
Die Standaard Pakket bevat vraestelle en werkkaarte met memo’s (antwoorde) vir alle vakke per graad. Dit is ontwerp om leerders te help tydens voorbereiding vir toetse en eksamens. Die vraestelle is op CAPS gebaseer.

Werkboeke & Antwoorde – Graad 1 – 3 Werksvelle vir alle vakke per graad
Eksamenvraestelle & Antwoorde – Graad 4 – 10 Oefenvraestelle vir alle vakke per graad


Prima Pakket
Die Prima Pakket bevat alle produkte wat jou kinders benodig vir akademiese sukses. Dit sluit in dieselfde vraestelle en werkkaarte per graad soos uiteengesit in die Standaard Pakket. Addisionele produkte verseker vir ’n afgeronde akademiese ervaring.

Werkboeke & Antwoorde – Graad 1 – 3 Werksvelle vir alle vakke per graad
Eksamenvraestelle & Antwoorde – Graad 4 – 10 Oefenvraestelle vir alle vakke per graad
ASP Skool Ensiklopedie – Inligting vir skooltake
Alles Afrikaans – Spelreëls, idiome, woordsoorte, ens. in Afrikaans
Easy English – Spelling rules, idioms, part of speech, etc. in English
Pret-Hoek – Kognitiewe ontwikkeling oefeninge vir laerskool leerders
Beroepsvoorligting – Aanleg, vakkeuses en studierigting inligting vir hoërskool leerders


Individuele Produkte
Verskeie produkte is ontwikkel om leerders te ondersteun in spesifieke areas wat krities is vir hul akademiese fondasie. Ons Individuele Produkte tesame met die werksvelle en eksamenvraestelle van ons Standaard Pakket vorm deel van ons Prima Pakket. Jy kan op die individuele produk se skakel klik vir meer besonderhede.

ASP Skool Ensiklopedie – Inligting vir skooltake
Alles Afrikaans – Spelreëls, idiome, woordsoorte, ens. in Afrikaans
Easy English – Spelling rules, idioms, part of speech, etc. in English
Pret-Hoek – Kognitiewe ontwikkeling oefeninge vir laerskool leerders
Beroepsvoorligting – Aanleg, vakkeuses en studierigting inligting vir hoërskool leerders


Oor ons Werkboeke en Eksamenvraestelle & Antwoorde
Ons werkkaarte, oefentoetse en vraestelle word opgestel volgens KABV (“CAPS”), die kurrikulum wat tans nasionaal gevolg word deur skole in Suid-Afrika. Dit is op dieselfde manier uiteengesit en is op dieselfde standaard wat van leerders verwag word in die klaskamer en formele eksamens. Die Werkboeke & Antwoorde (vir Graad 1 – 3) en Eksamenvraestelle & Antwoorde (vir Graad 4 – 10) word per graad saamgestel. Sodoende het kinders ’n volledige stel hulpbronne om akademiese sukses vir die hele jaar te verseker en met sekerheid voort te gaan na die volgende graad die volgende jaar. Die Werkboeke – en Eksamenvraestelle & Antwoorde is bekombaar deur ons Standaard Pakket en/of Prima Pakket. Vakke, asook werkkaarte en/of vraestelle, is nie beskikbaar om afsonderlik aan te koop nie.


Vakke beskikbaar per graad
Graad 1;   Graad 2;   Graad 3
Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Wiskunde

Graad 4;   Graad 5;   Graad 6
Afrikaans Huistaal; English First Additional Language, Lewensvaardighede; Natuurwetenskappe en Tegnologie, Sosiale Wetenskappe: Geografie, Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis en Wiskunde

Graad 7;   Graad 8;   Graad 9
Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Wiskunde, Lewensoriëntering, Natuurwetenskappe, Tegnologie, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Sosiale Wetenskappe: Geografie, Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis, Skeppende Kunste

Graad 10
Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Wiskunde, Wiskundige Geletterdheid, Lewensoriëntering, Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe, Siviele Tegnologie,
Rekenaartoepassingtegnologie, Rekeningkunde, Ekonomie, Besigheidstudies, Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Geografie, Geskiedenis, Toerisme


Formaat van ons vraestelle
• Definisie van terme
• Waar of vals - motiveer indien vals
• Multikeuse vrae - kies die korrekte antwoord
• Pas kolom B by kolom A
• Vul die ontbrekende woorde in
• Diagramme en sketse
• Blokkiesraaisels
• Kortvrae
• Langvrae


Gratis Voorbeelde
Hier is gratis voorbeelde vir jou om af te laai. Neem asseblief kennis oor die volgende: Die dokumente is bedoel slegs vir jou persoonlike gebruik. Die dokumente is beskerm deur kopiereg soos gestipuleer in ons Bepalings en Voorwaardes. Die inhoud is vir voorbeeld-doeleindes - vir jou om te sien wat ons aanbied. Dit is nie ’n volledig produk soos wat jy sal ontvang wanneer jy by ons aansluit nie. Geniet dit.

Laai af Gratis Voorbeeld Graad 4
Laai af Gratis Voorbeeld Graad 5
Laai af Gratis Voorbeeld Graad 6
Laai af Gratis Voorbeeld Graad 7


Sluit aan vir toegang tot ons digitale produkte
Sluit aan by Afrikaanse Skoolprojekte – een van Suid-Afrika se toonaangewende opvoedkundige webtuistes – en kry toegang tot ’n ongeëwenaarde reeks opvoedkundige materiaal wat saamgestel is om jou kinders ’n effektiewe hupstoot te gee.

Ons dienste werk op ’n subskripsie basis. Hierdie subskripsie is ’n lisensie wat jy aankoop vir die persoonlike gebruik van ons produkte.

Registreer as nuwe gebruiker om jou profiel te skep. Jou rekening word benodig om jou subskripsie te aktiveer. Nadat jy suksesvol geregistreer het, klik op die graad en plaas die pakket van jou keuse in jou mandjie. Kies jou betaalmetode en voltooi jou bestelling. Nadat jou transaksie suksesvol voltooi is sal jou subskripsie geaktiveer word. Jy sal toegang geniet om al die produkte vanaf ons webtuiste af te laai.

Vir volledige stappe hoe om aan te sluit besoek asseblief hierdie bladsy.

My Mandjie
Produk Prys  
Totaal: R0.00  
Sagepay
Ons doel is om leerders en hul ouers te ondersteun in die voorbereiding van hul toekoms!
© Alle regte voorbehou. Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer of gekopieer en versprei of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van die eienaar van Afrikaanse Skoolprojekte nie.