Home Tuisblad Tegniese Ondersteuning
Besoek ons blog
Nuut

’n Nuwe webtuiste is op pad
Ons is opgewonde om die koms van ons nuut-ontwerpte webtuiste aan te kondig



Dit is ons doel om kinders toe te rus met die nodige kennis en vaardighede om hul potensiaal te bereik. As gevolg hiervan soek ons altyd unieke metodes wat ondersteuning bied aan kinders in hul opvoeding. Oor die afgelope paar jaar het ons as ’n span baie geleer en gegroei. Ons het onsself afgevra hoe ons die opvoedkundige ervaring van kinders nog beter kan maak.

Na twee jaar van konseptualisering, deeglike beplanning en toewyding is ons baie bly om die koms van ons nuwe webtuiste aan te kondig. Met die bekendstelling van ons nuwe webtuiste het ons die geleentheid benut om ons logo en beeld ’n voorkomsverandering te gee.

Ons het onvermoeid gewerk om elke aspek van ons nuwe webtuiste fundamenteel te herontwerp en ontwikkel, sowel as om ons inhoud op te dateer en uit te brei. Ons nuwe webtuiste is ontwikkel om die beste gebruikersvriendelike ervaring te bied wat maklik is vir kinders en ouers om te navigeer; om simplisties, intuïtief, toeganklik en innemend te wees.


Nuwe en verbeterde eienskappe en funksionaliteit sluit in
• Herontwerpte webtuiste met ’n vars voorkoms
• Opgedateerde en addisionele inhoud
• Verbeterde inhoud rangskikking in kategorieë
• Deeglike beskrywings van produkte en dokumente
• Duidelike aanduidings om maklik die webtuiste te navigeer
• Blog artikels is geïntegreer op die webtuiste
• Galery met interessante feite en inspirerende aanhalings
• Algehele verbeterde gebruikerservaring


Veranderinge
Ons webtuiste word gehuisves op ’n nuwe domein-naam en ons het nuwe kontakbesonderhede

Die domein-naam (met ander woorde die URL) vir ons Engelse webtuiste ASP School Projects sal verander vanaf www.asp-schoolprojects.co.za na www.aspschoolprojects.co.za (nota: sonder die koppelteken in die domein-naam). Afrikaanse Skoolprojekte sal dieselfde domein-naam hou: www.afrikaanseskoolprojekte.co.za.

Afrikaanse Skoolprojekte se e-posadres vir algemene navrae bly info@afrikaanseskoolprojekte.co.za, maar ASP School Projects se e-posadres verander vanaf info@asp-schoolprojects.co.za na info@aspschoolprojects.co.za (nota: sonder die koppelteken vir die nuwe e-posadres). Ons nuwe webtuiste sal ’n kontak ons bladsy bevat met al die relevante kontakbesonderhede, asook die funksie om ’n boodskap direk op die webtuiste vir ons te los.

Die huidige (ou) en nuwe domein-name, sowel as die huidige (ou) en nuwe e-posadresse vir ASP School Projects sal funksioneel wees vir ’n periode nadat ons die nuwe webtuiste bekendgestel het. As jy na die bekendstelling van die huidige (ou) domeinnaam gebruik maak, sal jy eenvoudig daarna gerig word.


Antwoorde vir jou vrae
Ons glo dat die antwoorde jou gerus sal stel indien jy enige vrae het

My kind skryf binnekort ’n toets. Ek het nou die vraestelle nodig. Kan ek nog op die huidige (ou) webtuiste aansluit, of moet ek wag?
Ja, natuurlik kan jy nog steeds aansluit. Ons huidige webtuiste sal funksioneer soos gewoonlik tot en met die bekendstelling. Wanneer ons oorskakel sal die webtuiste ’n rukkie van lyn af wees, maar ons sal jou vooraf in kennis stel. Alle rekeningbesonderhede en aktiewe subskripsies sal sonder enige addisionele koste na die nuwe webtuiste oorgedra word.


Ek het aangesluit op die huidige webtuiste en het ’n aktiewe subskripsie. Moet ek weer aansluit en sal daar kostes verbonde wees om oor te skakel na die nuwe webtuiste?
Nee! Alle rekeningbesonderhede en aktiewe subskripsies word oorgedra na die nuwe webtuiste. Jy sal al die voordele kan benut teen geen addisionele koste. Ons raai jou aan om jou rekening se profiel na te gaan om seker te maak dat al jou besonderhede korrek is. Sodra jy dit gedoen het kan jy op die nuwe webtuiste aangaan. Jy het intussen steeds toegang tot ons huidige webtuiste en inhoud soos gewoonlik.


Gaan julle Engelse webtuiste, ASP School Projects, ook opgedateer word?
Ja, dieselfde transformasie wat ons Afrikaanse webtuiste ondergaan is geldig vir die Engelse weergawe by ASP School Projects. Alle ontwikkeling vir die webtuiste se ontwerp en funksionaliteit, sowel as opdatering en bywerking van inhoud sal daar ook geïmplementeer word. Beide webtuistes by Afrikaanse Skoolprojekte en ASP School Projects sal ter selfde tyd bekend gestel word.


Bly ingeskakel
Mag hierdie boodskap ’n glinster van hoop wees gedurende hierdie moeilike tyd vir die mensdom. Ons wil jou gerus stel dat Afrikaanse Skoolprojekte steeds hier is om leerders te ondersteun en ons sal voortgaan om op ’n positiewe manier by te dra tot hul akademiese onderrig.


My Mandjie
Produk Prys  
Totaal: R0.00  
Sagepay
Ons doel is om leerders en hul ouers te ondersteun in die voorbereiding van hul toekoms!
© Alle regte voorbehou. Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer of gekopieer en versprei of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van die eienaar van Afrikaanse Skoolprojekte nie.