Home Tuisblad Tegniese Ondersteuning
Besoek ons blog
Hoe Om Aan Te Sluit

Hoe om aan te sluit
Dit is ons se doel om kinders in hul akademie te ondersteun. Moet nooit weer bekommerd wees oor eksamens nie. Jou kinders kan uitstekende punte behaal met die hulp van ’n geheime wapen wat al vir vele ander skoolkinders gewerk het – ’n Afrikaanse Skoolprojekte subskripsie. Gee vir jou kinders die beste geleentheid om hul potensiaal op skool te bereik. Sluit aan vir ’n subskripsie en sien die verkil in hul akademiese prestasie raak.


Ons subskripsie diens
Ons dienste werk op ’n subskripsie basis. Hierdie subskripsie is ’n lisensie wat jy aankoop vir die persoonlike gebruik van ons produkte. Die lisensie is slegs vir een (1) gebruiker (gesin). Let wel dat die oordrag van die outeursreg en intellektuele eiendomsreg nie oorgedra word na die gebruiker met die aankoop van ’n subskripsie nie. Die subskripsie is per graad en is geldig tot aan die einde van elke jaar. Betaal opsies sluit in eenmalige betalings (kredietkaart en “EFT”) of debietorder. Wanneer jy aansluit by ons kry jy onmiddellik toegang tot die produkte op ons webtuiste. Jy kan enige tyd en plek die PDF dokumente gerieflik aflaai en uitdruk.


Stappe om aan te sluit
1.
Registreer as ’n nuwe gebruiker op ons webtuiste om jou profiel te skep, indien jy nie vantevore aangesluit het nie. Jou rekening word benodig om jou subskripsie te aktiveer.
2. Teken in op jou rekening met jou e-posadres en wagwoord.
3. Klik op die graad van jou keuse op ons tuisblad.
4. Jy sal gerig word aan daardie graad se bladsy.
5. Klik op “Na Mandjie” om byvoorbeeld die Prima Pakket in jou mandjie te plaas.
6. Die Prima Pakket sal in jou mandjie verskyn aan die regterkant van die webblad.
7. Klik op “Bestel Nou” en op die volgende bladsy na “Gaan Voort”.
8. Jy kan jou betaalmetode kies, nl. Kredietkaart-, EFT- of Debietorder Transaksie.
9. Aanvaar die bepalings en voorwaardes.
10. Klik op “Voltooi Bestelling” om die bestelling te finaliseer.


Sluit nou aan
Klik op die graad van jou keuse vir meer besonderhede en om jou bestelling te plaas.

Graad 1;   Graad 2;   Graad 3
Graad 4;   Graad 5;   Graad 6
Graad 7;   Graad 8;   Graad 9
Graad 10


Subskripsie Planne

Een Leerder Eenmalig
Jy kan aansluit vir ’n subskripsie vir een kind (Standaard Pakket, Prima Pakket of Individuele Produk) teen ’n eenmalige betaling per kredietkaart of “EFT”. Die pryse vir die produkte is soos uiteengesit op die webtuiste.


Twee of Drie Leerders Eenmalig
Jy kan aansluit vir ’n subskripsie vir twee of drie kinders teen ’n eenmalige betaling per kredietkaart of “EFT”. ’n Spesiale prys is normaalweg beskikbaar vir meer as een kind. Laai die bestelvorm af vir 2 en 3 Leerders om aan te sluit. Volg die instruksies soos aangedui. Voltooi jou bestelvorm, stoor (“save”) die PDF lêer en stuur dit per e-pos na info@afrikaanseskoolprojekte.co.za.

2 Leerders
1 Prima Pakket + 1 Standaard Pakket
R2300 (Bespaar R600)

3 Leerders
1 Prima Pakket + 2 Standaard Pakkette
R3050 (Bespaar R1000)

Laai af Bestelvorm vir 2 en 3 Leerders.


Een, Twee of Drie Leerders Maandeliks
Ons verskaf ’n debietorder fasiliteit indien jy die ekonomiese opsie verkies om maandelikse debietorder paaiemente te betaal. Jy het ’n keuse tussen die Standaard Pakket of Prima Pakket vir een leerder, of ’n kombinasie vir twee of drie grade. Jy kan ook aansluit vir twee of drie grade per debietorder teen ’n spesiale prys. Volg die instruksies soos aangedui. Voltooi jou bestelvorm, stoor (“save”) die PDF lêer en stuur dit per e-pos na info@afrikaanseskoolprojekte.co.za.

1 Leerder
Standaard Pakket
R120 per maand (10 Betalings)

1 Leerder
Prima Pakket
R180 per maand (10 Betalings)

2 Leerders
1 Prima Pakket + 1 Standaard Pakket
R235 per maand (10 Betalings)

3 Leerders
1 Prima Pakket + 2 Standaard Pakkette
R310 per maand (10 Betalings)

Laai af Debietordervorm.


Betaalmetodes
Jy kan jou betaalmetode kies wanneer jy jou bestelling plaas vir jou subskripsie op ons webtuiste tydens die aankoopproses. Drie (3) betaalmetodes is beskikbaar, naamlik Kredietkaart-, EFT- of Debietorder Transaksie.


Kredietkaart Transaksie
Veilige kredietkaart transaksies word deur Sage Pay gefasiliteer. Jou rekening se subskripsie word outomaties geaktiveer op ons stelsel indien jou transaksie suksesvol is.


EFT Transaksie
Om jou EFT transaksie te voltooi gebruik asseblief die bankbesonderhede soos deurgegee op jou faktuur. Die bankbesonderhede verskyn ook hieronder by die “Bankbesonderhede” gedeelte op hierdie webblad. Gebruik jou naam en van as verwysing. Stuur die bewys van betaling per e-pos na info@afrikaanseskoolprojekte.co.za. Vir duidelikheid, bevestig asseblief die pakkette en/of individuele produk(te) wat jy per graad of grade aangekoop het vir jou subskripsie in jou e-pos. Jou rekening se subskripsie word geaktiveer met ontvangs van die bewys van betaling.


Debietorder Transaksie
Laai af die Debietordervorm wat verskaf word. Nadat jy die Debietordervorm afgelaai het volg die instruksies soos aangedui. Die debietordervorm stipuleer die bepalings en voorwaardes vir debietorder transaksies, insluitend maandelikse betaling en aantal maande en verskaf magtiging om dit in werking te stel. Debietorder transaksies word deur NuPay gefasiliteer. Voltooi jou bestelvorm, stoor (“save”) die PDF lêer en stuur dit per e-pos na info@afrikaanseskoolprojekte.co.za.


Bankbesonderhede
Afrikaanse Skoolprojekte
ABSA
Rek no: 915 383 6901
Takkode: 632 005 of 631 142


Hoe om af te laai
Om die opvoedkundige hulpbronne vanaf ons webtuiste af te laai moet jy ’n gebruiker wees met ’n geregistreerde profiel en ’n aktiewe subskripsie. Wanneer jy suksesvol by ons aangesluit het kry jy onmiddellik toegang om jou digitale produkte af te laai vanaf ons webtuiste. Onthou om ons Bepalings en Voorwaardes na te kom. Indien jy onseker is oor die gebruik van ons inhoud en stelsel, lees asseblief ons Bepalings en Voorwaardes hier.


Stappe om af te laai
1. Teken in by jou rekening met jou e-posadres en wagwoord by die “Teken in” gedeelte aan die boonste regterkant van die webtuiste se tuisblad. Klik op die ligblou pylvormige knoppie om voort te gaan.
2. Nadat jy suksesvol ingeteken is sal ’n opspring venster (“popup window”) verskyn wat “Suksesvol Ingeteken” aandui. Die verwelkoming boodskap sal ook instruksies aandui om op die Laai Af (“Download”) knoppie te klik. Indien jy ’n subskripsie het wat verstryk het, sal dit ook hier vertoon word. Jy kan op “Close” druk om die kennisgewing toe te maak.
3. Die webtuiste sal “Welkom Jou Naam” vertoon by dieselfde streek aan die boonste regterkant op die webblad waar jy jou e-posadres en wagwoord ingevul het.
4. Klik op die ligblou “Laai Af (Download)” knoppie.
5. ’n Bladsy met jou subskripsie se pakket(te) of individuele produk(te) sal verskyn.
6. Selekteer die produk waarby jy toegang wil verkry, byvoorbeeld Graad 4 Eksamenvraestelle & Antwoorde.
7. Die onderwerpe binne hierdie produk sal verskyn, in die geval van hierdie voorbeeld al die vakke vir Graad 4.
8. Kies ’n sub-onderwerp, byvoorbeeld Afrikaans Huistaal.
9. Die dokumente wat beskikbaar is, sal verskyn. Langsaan die lêer se naam is ’n beskrywing van die dokument se inhoud. Dit sal jou lei om die toepaslike lêers te kies om af te laai soos wat jy dit benodig.
10. Om ’n PDF dokument af te laai, klik asseblief op die lêer se naam (in ligblou).
11. Sodra die lêer afgelaai is stoor dit in ’n toepaslike plek op jou rekenaar of toestel vir gerieflike toeganklikheid in die toekoms.
12. Neem asseblief kennis dat Adobe Reader benodig word om lêers oop te maak en te besigtig. Jy kan gratis Adobe Acrobat Reader hier aflaai.
13. Jy kan die PDF dokumente uitdruk indien jy sou wou of jy kan vanaf jou rekenaar of toestel werk.


Ons vertrou dat jy baie baat sal vind by ons inhoud. Ons wens vir jou sterkte toe met jou akademie.

My Mandjie
Produk Prys  
Totaal: R0.00  
Sagepay
Ons doel is om leerders en hul ouers te ondersteun in die voorbereiding van hul toekoms!
© Alle regte voorbehou. Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer of gekopieer en versprei of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van die eienaar van Afrikaanse Skoolprojekte nie.