GETUIGSKRIFTE

Ons ondersteun leerders in die voorbereiding vir hul toekoms.

VERTEL ONS VAN JOU ERVARING

Ons sal graag wil hoor wat jy te sê het vir Afrikaanse Skoolprojekte. Vertel ons wat jou ervaring is en of ons jou kinders gehelp het om hul prestasie te verbeter.

Plaas jou resensie hieronder.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

WAT OUERS SÊ

Ons kry gereeld terugvoer vanaf ouers, grootouers, onderwysers en almal wat 'n belangrike rol in kinders se lewens speel. Hulle vertrou ons met hul kinders se skoolonderrig. Ons het meer as 'n dekade se ondervinding sedert 2005 en is net so passievol oor dit wat ons doen as wanneer ons begin het! Ons doel is om 'n verskil te maak nie net in kinders se akademiese prestasie en die manier waarop hul leer nie, maar ook in alle ander gebiede van hul ontwikkeling.

Jy kan hier lees wat ander sê...

Gemiddelde Gradering

10 Resensies

Ons het ingeskryf vir ons kleinkind vir graad 4. Sy het 5 uit 6 vakke bo 80% behaal. Vir Afrikaans 95%. Baie dankie Afrikaanse skoolprojekte.

~ Arlene Van Huyssteen

Beste Arlene,

Baie geluk met jou kleinkind se wonderlike prestasie. Julle kan baie trots wees op haar. Ons is seker sy het baie hard gewerk aan haar akademie. Ons is bly ons kon ’n bydrae lewer. Mag sy aanhou om so uitstekend te presteer.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Baie dankie vir julle uitstekende diens. Ek glo Graad 4 gaan nou vir my ook makliker wees…. Dit is baie anders as toe ek jare terug op skool was.

~ Rianda Joubert

Dankie vir julle puik produk. Ek het ingeskryf vir graad 3, 5, 7, 8 en 9. Dit was ’n plesier om dit te gebruik. Bou voort op hierdie puik produk wat julle het.

~ Anna Dercksen

Beste Anna,

Baie dankie jou lojale ondersteuning en bemoediging. Ons waardeer dit. Dit is wonderlik om te hoor dat ons produkte jou kinders gehelp het.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Baie dankie vir jul puik diens. Seënwense vir julle.

~ Suzette van Wyk

Baie dankie! Hierdie is net “super awesome”! Ek “love” dit! Julle gaan my verseker vir die hele skoolloopbaan hê!

~ Ansie Menezes

Beste Ansie,

Baie dankie vir jou oulike kommentaar. Ons waardeer jou entoesiasme. Baie sterkte met jou kind se skoolloopbaan. Mag dit ’n sukses wees.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Baie dankie vir netjiese en volledige vraestelle! Die vraestelle is uitgedruk en ons is fluks aan die werk.

~ Sarna Meyer

Baie oulik en baie hulpvaardig.

~ Zeldene Lamprecht

Albei my seuns maak nou al vir meer as 2 jaar gebruik van die webtuiste in hul voorbereiding vir toetse en eksamens, met sukses.

~ Riana Strydom

Beste Riana,

Baie geluk met jou twee seuns. Bly om te hoor hulle vorder so goed. Dankie vir jou ondersteuning.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Watter wonderlike produkte! Ons maak nou alreeds ’n paar jaar gebruik van hierdie produkte vir ons twee kinders en dit maak die lewe regtig soveel makliker! Nie net help dit die kinders om die verskillende maniere waarop vrae gevra kan word gewoond te raak nie, maar hulle kry sommer ook baie geleer uit die standaard van die vraestelle. Die memorandums maak merk of deurgaan ook sommer lekker vinnig. Vreeslik baie dankie vir julle produkte asook die diens wat so flink is.

~ Jesslee Booysen

Beste Jesslee,

Baie dankie vir die mooi boodskap. Dankie vir jou lojale ondersteuning deur die jare. Ons is bly om te hoor hoe ons hulpmiddels jou kinders ondersteun.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Ek is al vir 3 jaar deel van Afrikaanse Skoolprojekte. My seuns vind soveel baat met die eksamen vraestelle en ander hulp middels.

~ Lydia Kleynhans

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.