ONDERWYSER | SKOOL | INSTELLING WEERGAWE


Onderwysers kan ons studiemateriaal as ’n hulpmiddel gebruik om hul leerders se akademiese vordering ’n hupstoot te gee

OMVATTENDE OPVOEDKUNDIGE HULPBRONNE VIR ONDERWYSERS


Oor ons Onderwyser | Skool | Instelling Weergawe

Afrikaanse Skoolprojekte beplan doelgemaakte subskripsies vir onderwysers, skole en ander opvoedkundige instellings. Ons hulpbronne kan aangewend word as aanvullende leermateriaal vir studente. Ons leerprogramme sal uitstekende resultate lewer deur leerwerk maklik, pret en interessant vir leerders te maak. Ons spesialiseer in oefen-eksamenvraestelle en werkkaarte met antwoorde. Alle vakke vanaf Graad 1 – 10 is op CAPS gebaseer. Die inhoud van ons dokumente kan deur onderwysers gebruik word as riglyne om hul eie werkkaarte, opdragte en eksamenvraestelle op te stel.

Onderwysers sal baat vind by ons werkboeke en eksamenvraestelle deur:
Toegang te geniet tot ons aanlyn platform by die skool of tuis.
Voorbereidingstyd te spaar vir lesse.
Toegang om ons vraestelle vir hul klas uit te druk.
Die nasienproses te vereenvoudig met volledige memoranda vir alle vraestelle.
Maklik hul eie vraestelle op te stel deur die rigting en leiding wat ons vraestelle bied.

Ons leerprogramme is ontwerp om:
Leerwerk maklik, interessant en inspirerend te maak.
Waardevolle tyd te spaar, stres te verminder en selfvertroue te bou.
Akademiese vordering te verbeter en uitstekende resultate te lewer.

Ons leermateriaal is deeglik en maklik toeganklik:
Die leermateriaal is relevant tot die huidige kurrikulum.
Toegang tot die dokumente kan verkry word deur rekenaars, tablette en mobiele toestelle met ’n internet konneksie.
Alle inhoud is aflaaibare; uitdrukbare PDF-dokumente.
Ontvang onmiddellike toegang tot alle inhoud in die vak/vakke vir die graad/grade waarvoor jy ingeteken het.
Geen opleiding benodig om ons platform te gebruik nie.
Geniet die voordele van jou subskripsie vir 365/366 dae.

SUBSKRIPSIE LISENSIE


Subskripsie planne is beskikbaar vir die volgende:

Grondslagfase Graad 1 – 3
Werkboeke en Antwoorde

Intermediêre Fase Graad 4 – 6
Eksamenvraestelle en Antwoorde

Senior Fase Graad 7 – 9
Eksamenvraestelle en Antwoorde

Verdere Onderwys- En Opleidingsfase Graad 10
Eksamenvraestelle en Antwoorde

OOR ONS WERKBOEKE | EKSAMENVRAESTELLE EN ANTWOORDE REEKS


‘Werkboeke en Antwoorde’ is die vlagskip leerprogram vir Graad 1, 2 en 3 leerders. Hierdie program bied CAPS-gebaseerde aanvullende werkboeke. Die program is ontwerp om leerders te help om die nodige lees-, skryf-, begrips- en wiskundige vaardighede te bemeester.

‘Eksamenvraestelle en Antwoorde’ is die vlagskip leerprogram vir Graad 4 – 10 leerders. Hierdie program bied CAPS-gebaseerde voorbeeld vraestelle. Die program is ontwerp om leerders te ondersteun met die bemeestering van toets- en eksamentegniek.

Ons werkkaarte en eksamenvraestelle word op dieselfde wyse, formaat en moeilikheidsgraad aangebied soos gestel deur die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV). Vrae word geformuleer deur die sterk punte en belangrikste aspekte van elke handboek se onderwerpe noukeurig te selekteer om die mees omvattende, relevante en beste moontlike leerervaring aan leerders te gee. Die vrae stimuleer linker- en regterbreinaktiwiteit. Die volgende tipe vrae word in ons vraestelle ingesluit: Definisie van Terme; Waar of Onwaar (Verskaf die Korrekte Antwoord indien Vals); Pas Kolom B by Kolom A; Diagramme en Sketse; Vul die Ontbrekende Woorde in; Meervoudige Keuse; Kort Vrae; Lang Vrae; Blokkiesraaisels. Onderwysers kan hul studente se prestasie assesseer en versterk deur ons aanvullende werkkaarte en vraestelle. Al die werkboeke en vraestelle bevat memoranda (antwoorde). Ons bronne sluit alle handboeke van vooraanstaande uitgewers in: Cambridge: Ken & Verstaan; Heinemann: Kollig Op; Macmillan: Almal Verstaan; Maskew Miller Longman: Verken; Maskew Miller Longman: Platinum; Oxford: Headstart; Oxford: Suksesvolle; Shuters: Top Klas; Via Afrika: Via Afrika; ens.

VRAE WAT GEREELD DEUR ONDERWYSERS GEVRA WORD


Ja, tot ’n sekere mate. Onderwysers wat ’n Onderwyser | Skool | Instelling Weergawe subskripsie lisensie gekoop het kan ons eksamenvraestelle vir leerders as aanvullende oefeninge uitdruk ter voorbereiding vir toetse en eksamens. Ons eksamenvraestelle kan nie onveranderd gebruik word in ’n formele toets of eksamen situasie nie. Onderwysers en skole moet hul eie toetse en eksamens opstel. Ons hulpbronne kan in sulke gevalle as riglyne gebruik word.

Onderwysers, skole en ander opvoedkundige instellings kan nie hul intekenbesonderhede met ander skole, leerders of ouers deel om hulle toegang te gee tot ons platform nie.

Ja, afhangende van jou plan en reëling met ons, moet onderwysers, skole en instellings elke jaar hul lisensie vir subskripsie planne hernu.

Ons materiaal kan nie in enige vorm of op enige manier gereproduseer, herverpak, versprei of herverkoop word en/of gestoor word vir latere gebruik vir enige sodanige doel, in geheel of gedeeltelik deur enige persoon sonder vooraf skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.

Alle inligting hierin is deur die wet beskerm, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie, en geen van die sodanige inligting mag gekopieer word nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree.

Kortliks beteken dit as jy ’n ander aanlyn-opvoedkundige of soortgelyke webtuiste, instelling of besigheid besit of by hul in diens geneem is, mag jy nie ons produkte onder die voorwendsel van persoonlike gebruik koop en dit as jou eie verkoop of herverpak en dit gratis of teen ’n wins versprei nie. Regsaksie sal geneem word. As jy deel is van ’n organisasie en wettiglik van ons produkte gebruik wil maak, kan jy gerus ons kontak vir ’n kwotasie.

Sien asseblief ons volledige Bepalings en Voorwaardes indien jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

Sien asseblief die volledige lys van vrae in Algemene Navrae.
Onderwysers, skole of instellings kan ons Bepalings en Voorwaardes lees.

SLUIT BY ONS AAN


Meer inligting oor hierdie weergawe sal later bekend gemaak word.

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.