Ons sal graag wil hoor wat jy te sê het vir Afrikaanse Skoolprojekte. Vertel ons wat jou ervaring is en of ons jou kinders gehelp het om hul prestasie te verbeter.
Plaas jou resensie hieronder.
Ons kry gereeld terugvoer vanaf ouers, grootouers, onderwysers en almal wat 'n belangrike rol in kinders se lewens speel. Hulle vertrou ons met hul kinders se skoolonderrig. Ons het meer as 'n dekade se ondervinding sedert 2005 en is net so passievol oor dit wat ons doen as wanneer ons begin het! Ons doel is om 'n verskil te maak nie net in kinders se akademiese prestasie en die manier waarop hul leer nie, maar ook in alle ander gebiede van hul ontwikkeling.
Jy kan hier lees wat ander sê...
Gemiddelde Gradering
10 Resensies
Ek is nog nuut met Afrikaanse Skoolprojekte en moet nog gewoond raak dat my werk ligter word. U sien, my kind is ADHD en hy is ook in ’n spesiale skool om hom te help. Ek moes altyd ure om sit om hom met sy projekte help, maar dan is daar nie tyd vir ander dinge nie. Ek is tans nog besig om sekere dinge te “surf” op die Afrikaanse Skoolprojekte webtuiste en ek ondervind dat indien ek dit vroeër sou begin het, ek my kind vroeër beter kon help. Ek waardeer hierdie briljante webtuiste wat julle geskep het. Baie dankie daarvoor.
~ Lucille Terblanche
Beste Lucille,
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer en baie dankie dat jy jou kind se verhaal met ons gedeel het. Ons wens vir julle baie sterkte toe.
Vriendelike groete
Afrikaanse Skoolprojekte
Ek wil graag noem dat julle vraestelle ons vreeslik baie help. Die tale-vraestelle is veral baie goed. Dit maak ons stresvlakke baie minder. Julle produk is verseker aanbeveelbaar.
~ Magdel de Klerk
Beste Magdel,
Baie dankie vir jou resensie. Ons is baie bly dat ons inligting jou kinders gehelp het en dat julle stresvlakke bietjie minder is. Dit is wonderlik om te hoor dat jy ons produkte sal aanbeveel. Ons waardeer die terugvoer.
Vriendelike groete
Afrikaanse Skoolprojekte
FANTASTIESE PROGRAM EN HULP!!! DANKIE, DANKIE, DANKIE!!!
~ Jackie Greeff
Beste Jackie,
Baie dankie vir jou boodskap. Dit is FANTASTIES om te hoor! Dit maak ons regtig bly om te weet ons het 'n positiewe bydra gemaak tot jou kind se onderrig.
Vriendelike groete
Afrikaanse Skoolprojekte
Baie dankie vir al die baie goeie en interessante inligting wat ek oor ’n lang tyd van julle ontvang het.
~ Marda Swart
Beste Marda,
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer en jou lojale ondersteuning. Ons is baie bly om te hoor dat dit julle gehelp het en dat julle dit interessant gevind het.
Vriendelike groete
Afrikaanse Skoolprojekte
Baie dankie vir die puik pakkette, dit het wêreld sommer baie makliker vir ons gemaak.
~ Daleen Luiers
Beste Daleen,
Baie dankie vir jou resensie. Dankie vir jou ondersteuning. Ons is baie bly dat ons pakkette jou kinders gehelp het.
Vriendelike groete
Afrikaanse Skoolprojekte
Baie, baie dankie! Julle diens was, soos altyd, uitstekend!
~ Lelanie van Zyl
Beste Lelanie,
Baie dankie vir jou resensie en jou lojale ondersteuning. Bly om te hoor dat ons goeie diens aan jou gelewer het. Sterkte met jou kinders se akademie.
Vriendelike groete
Afrikaanse Skoolprojekte
LOVE julle vraestelle! Weet nie HOE ek deur hierdie jaar sou gekom het sonder dit nie.
~ Carina Brink
Beste Carina,
Baie dankie vir jou wonderlike terugvoering. Ons is bly dat van die webtuiste en ons inligting hou en dat dit jou kinders gehelp het.
Vriendelike groete
Afrikaanse Skoolprojekte
Ons het nog elke jaar aangekoop om die nuwe inligting af te laai. Ons huishouding kan nie sonder Afrikaanse Skoolprojekte nie. My kinders kry al die inligting vir hul portfolios en hul rapport-punte skitter. Uitstekende diens!
~ Lititia Durant
Beste Lititia,
Baie dankie vir jou ondersteuning deur die jare en vir jou mooi boodskap. Ons is baie bly saam met jou dat jou kinders so goed presteer en dat ons inligting hulle gehelp het. Baie geluk!
Vriendelike groete
Afrikaanse Skoolprojekte
Dankie vir ’n wonderlike “website”... ek is verlore sonder dit!
~ Thereza van der Merwe
Dankie vir deurlopende flink, vriendelike diens. Hierdie webtuiste is puik en help ons baie!
~ Retha van As
Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions
Ontwerp en SEO: Avelantis
© Kopiereg 2003 - 2023 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.