GETUIGSKRIFTE

Ons ondersteun leerders in die voorbereiding vir hul toekoms.

VERTEL ONS VAN JOU ERVARING

Ons sal graag wil hoor wat jy te sê het vir Afrikaanse Skoolprojekte. Vertel ons wat jou ervaring is en of ons jou kinders gehelp het om hul prestasie te verbeter.

Plaas jou resensie hieronder.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

WAT OUERS SÊ

Ons kry gereeld terugvoer vanaf ouers, grootouers, onderwysers en almal wat 'n belangrike rol in kinders se lewens speel. Hulle vertrou ons met hul kinders se skoolonderrig. Ons het meer as 'n dekade se ondervinding sedert 2005 en is net so passievol oor dit wat ons doen as wanneer ons begin het! Ons doel is om 'n verskil te maak nie net in kinders se akademiese prestasie en die manier waarop hul leer nie, maar ook in alle ander gebiede van hul ontwikkeling.

Jy kan hier lees wat ander sê...

Gemiddelde Gradering

10 Resensies

Baie dankie vir ’n fantastiese webtuiste met uitstekende hulpmiddels. Ek hernu weereens ons jaarlikse subskripsie en dit is elke sent werd in ons besige huishouding.

~ Adri Oberholzer

Graag laat ek weet hoe beïndruk ek is met die Afrikaanse Skoolprojekte “website”. Die diens wat julle “admin” mense gegee het was uitstekend. Ek was oorspronklik redelik bekommerd om iets te betaal oor die internet, maar is verheug om te sê die diens is briljant!

~ Karen Hanekom

Beste Karen,

Baie dankie vir jou komplimente. Ons waardeer dit baie.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Elderie, baie dankie vir die lekker gesprek gister – jy is ’n pragtige mens met soveel liefde in jou – seker die dat jy doen wat jy doen vir ons kinders. Dankie ook vir jou goeie wense vir my seun met sy Ekonomie. Ek dink sy vakkeuses kan vir hom baie rigtings aanbied.

~ Daleen Swart

Beste Daleen,

Baie dankie vir jou mooi boodskap en vir jou gesprek. Baie bly ek kon jou help. Baie sterkte vir jou en jou seun. Hy het 'n blink toekoms wat voorlê.

Vriendelike groete,

Elderie

Afrikaanse Skoolprojekte

Baie, baie dankie! Julle doen wondere vir die kinders wat sukkel.

~ Marietjie Calsen

Beste Marietjie,

Dankie vir jou boodskap. Ons hoop dit sal nie meer vorentoe 'n gesukkel wees nie. Ons vertrou dat jou kind goeie eksamentegniek sal aanleer. Baie bly om te hoor ons hulpmiddels het gehelp.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Ek wil julle net bedank vir julle vinnige en uitstekende diens. Ek het al by baie verskillende webtuistes aangesluit wat opsommings en vraestelle het, maar julle webtuiste is by verreweg die beste.

~ Lize Ungerer

Beste Lize,

Baie dankie vir jou terugvoer. Ons waardeer dit. Ons is baie bly om te hoor jy en jou kinders geniet die webtuiste. Sterkte met hul akademie.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Baie, baie, baie, baie, dankie! Sjoe ek spreek “unimaginable” seën van God oor julle. Dit help my verskriklik baie!!

~ Monya Brand

Beste Monya,

Baie dankie vir jou pragtige boodskap en seënwense. Ons wens dieselfde vir jou en jou gesien.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Sjoe die goed is fantasties en help ons so baie. Die kinders leer lekker. Baie dankie!

~ Annaline de Beer

Baie geluk met die Engelse poging. Die Afrikaanse een is ’n wenner.

~ G.B. de Beer

Ek is verseker by julle ingeskryf en sal graag so bly tot my seun skool voltooi het. Uitstekende werk. Baie dankie vir hierdie. Ek waardeer jou moeite en bereidwilligheid om ons te akkommodeer.

~ Michelle Kleyn

Beste Michelle,

Baie dankie vir jou boodskap. Dit is 'n groot plesier. Bly ons kan help.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Dankie vir die fantastiese “website”. “Blessings” vir die hele Afrikaanse Skoolprojekte-groep!

~ Charmaine Bekker

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.