GETUIGSKRIFTE

Ons ondersteun leerders in die voorbereiding vir hul toekoms.

VERTEL ONS VAN JOU ERVARING

Ons sal graag wil hoor wat jy te sê het vir Afrikaanse Skoolprojekte. Vertel ons wat jou ervaring is en of ons jou kinders gehelp het om hul prestasie te verbeter.

Plaas jou resensie hieronder.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

WAT OUERS SÊ

Ons kry gereeld terugvoer vanaf ouers, grootouers, onderwysers en almal wat 'n belangrike rol in kinders se lewens speel. Hulle vertrou ons met hul kinders se skoolonderrig. Ons het meer as 'n dekade se ondervinding sedert 2005 en is net so passievol oor dit wat ons doen as wanneer ons begin het! Ons doel is om 'n verskil te maak nie net in kinders se akademiese prestasie en die manier waarop hul leer nie, maar ook in alle ander gebiede van hul ontwikkeling.

Jy kan hier lees wat ander sê...

Gemiddelde Gradering

10 Resensies

My kind is al 3 jaar by julle en ek is baie beïndruk met sy vordering. Dankie vir puik diens.

~ Yolanda van der Bank

Beste Yolanda,

Baie dankie jou ondersteuning die afgelope drie jaar. Baie bly om te hoor dat jou kind so goed vorder.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Die vraestelle help baie vir eksamenvoorbereiding.

~ Christine van Deventer

Die hulpmiddels werk uitstekend. My kind verstaan haar werk soveel beter. Julle is rerig ’n groot aanwins vir kinders om hulle volle potensiaal te bereik.

~ Chrismari van der Merwe

Baie nuttige webwerf. Dankie vir dit wat julle vir ons as ouers en ons kinders doen om skoolwerk makliker te maak. Julle is ’n awesome span. “Well done”!!!!

~ Tracey van Wyk

Baie dankie vir jul puik produk! Dit help ongelooflik baie. Teken in al vanaf Gr 4! Volgende jaar is dit Gr 7 en Gr 10!

~ Thereza Myburgh

Beste Thereza,

Baie dankie vir al die jare se lojale ondersteuning. Ons waardeer dit opreg. Ons is baie bly ons kon jou kinders vir soveel jare bystaan.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Baie goeie verwysings en hulpmiddels. Julle is ook altyd baie vriendelik en vinnig met terugvoer op navrae.

~ Annelize Botha Muller

Ek glo dis een van die beste beleggings in jou kind se skooljare! My dogter is Gr 7. Laaste jaar in laerskool en het natuurlik daai ekstra woema nodig vir Gr 8 se voorbereiding!

~ Erika Basson

Beste Erika,

Baie dankie vir jou resensie. Ons waardeer jou terugvoering en hou duim vas dat sy die laaste jaar in die laerskool op ’n hoë noot sal afsluit.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Dankie dis wonderlike produkte. Ek vind baie baat. Met 3 kinders op pad na Graad 4, 5 en 8. Dit help baie.

~ Jene Nel

Ons eerste keer op die webwerf. Ek kan sien die inligting gaan my seun baie help. Hy is ’n praktiese seun en ek glo ons gaan beter kan doen met die inligting wat beskikbaar is op die webwerf.

~ Erika Matthee

Ek is nog nuut met Afrikaanse Skoolprojekte en moet nog gewoond raak dat my werk ligter word. U sien, my kind is ADHD en hy is ook in ’n spesiale skool om hom te help. Ek moes altyd ure om sit om hom met sy projekte help, maar dan is daar nie tyd vir ander dinge nie. Ek is tans nog besig om sekere dinge te “surf” op die Afrikaanse Skoolprojekte webtuiste en ek ondervind dat indien ek dit vroeër sou begin het, ek my kind vroeër beter kon help. Ek waardeer hierdie briljante webtuiste wat julle geskep het. Baie dankie daarvoor.

~ Lucille Terblanche

Beste Lucille,

Baie dankie vir jou positiewe terugvoer en baie dankie dat jy jou kind se verhaal met ons gedeel het. Ons wens vir julle baie sterkte toe.

Vriendelike groete

Afrikaanse Skoolprojekte

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.