Alles Afrikaans Huistaal
‘Alles Afrikaans Huistaal’ is ’n taalleer-studieprogram in Afrikaans vir leerders met Afrikaans as hul Huistaal.
Hierdie program is ontwerp om leerders te help om Afrikaans te leer en om huiswerk en eksamenvoorbereiding eenvoudig en prakties te maak. Dit bevorder lees- en skryfvaardighede en bou Afrikaanse woordeskat. Sterk fokus word geplaas op Afrikaanse spelling-, grammatika- en leestekenreëls. Riglyne met voorbeelde oor hoe om dokumente, opstelle en toesprake te skryf vereenvoudig die skryfproses. Studiegidse en werkkaarte verskaf addisionele oefening. ’n Groot aantal toetse met antwoorde is beskikbaar vir selfassessering.