BEROEPSVOORLIGTING

Omvattende Materiaal vir Beroepsvoorligting

'Beroepsvoorligting' is 'n beroepsadviesprogram vir hoërskoolleerders. Die program bied hulp aan tieners met voorbereiding vir hul toekoms na matriek.

Beroepsvoorligting is ontwerp om:

  • Algemene studierigtings en beroepe eenvoudig uiteen te sit.
  • Leerders in staat te stel om die regte loopbaankeuse te maak.
  • Waardevolle tyd te spaar, stres te verminder en selfvertroue te bou.

Ons opvoedkundige hulpbronne is deeglik en maklik toeganklik:

  • Alle inhoud is aflaaibare; uitdrukbare PDF-dokumente.

Om die regte loopbaan te kies is ’n belangrike besluit vir enige jongmens op die rand van volwassenheid. ’n Suksesvolle loopbaan word gedryf deur toewyding, vasberadenheid en veral passie. Passie dryf mense om hul potensiaal te bereik. ‘Beroepsvoorligting’ is ontwikkel om leerders te inspireer, in te lig en te help om te bepaal wat hul passie is en om geskikte loopbaanopsies te ontdek – selfs beroepe waarvan hulle dalk nie bewus was nie. Die program fokus op tieners se persoonlikhede, belangstellings en kwaliteite en help hulle om ’n ingeligte besluit te neem wanneer hul ’n studierigting kies.

BETAAL OPSIE


Individuele Produk

Eenmalige Bedrag

R250,00

Plaas in mandjie
Beroepsvoorligting

Beroepsvoorligting

‘Beroepsvoorligting’ is ’n beroepsadviesprogram vir hoërskoolleerders. Die program bied hulp aan tieners met voorbereiding vir hul toekoms na matriek.

Om die regte loopbaan te kies is ’n belangrike besluit vir enige jongmens op die rand van volwassenheid. ’n Suksesvolle loopbaan word gedryf deur toewyding, vasberadenheid en veral passie. Passie dryf mense om hul potensiaal te bereik. ‘Beroepsvoorligting’ is ontwikkel om leerders te inspireer, in te lig en te help om te bepaal wat hul passie is en om geskikte loopbaanopsies te ontdek – selfs beroepe waarvan hulle dalk nie bewus was nie. Die program fokus op tieners se persoonlikhede, belangstellings en kwaliteite en help hulle om ’n ingeligte besluit te neem wanneer hul ’n studierigting kies.

Voorskou Naam Beskrywing
Beroepsvoorligting Aanleg en Persoonlikheid Linker of Regterbrein Dominansie

’n handleiding om te bepaal is jou linker of regterbrein dominant; om die brein dominansie van jou brein se twee hemisfere te bepaal help jou om jouself beter te verstaan; jou denkwyse en vermoëns speel ’n rol in die keusevakke wat jy op skool moet neem; die regte vakke sal jou in staat sal stel om die regte loopbaankeuses vorentoe te maak

Beroepsvoorligting Aanleg en Persoonlikheid Loopbaan Voorbereiding

’n handleiding wat jou sal help met voorbereiding vir die regte loopbaan; kies die regte loopbaan deur verskeie toetse, naamlik psigometriese toetse: aanlegtoetse, belangstellingstoetse en persoonlikheidstoetse; vind uit oor ander beroepe deur na ’n besigheidspraktyk of firma te gaan; lees loopbaan advertensies vir idees; oorweeg ’n oorbruggingsjaar

Voorskou Naam Beskrywing
Beroepsvoorligting Beroepe Beroepsmoontlikhede

’n gedetailleerde handleiding oor beroepsmoontlikhede; algemene beroepsvelde wat in kategorieë opgedeel is word bespreek met talle voorbeelde van moontlike beroepe om te beoefen vir elk; kategorieë sluit in: algemene dienste; bemarking en verkope; bestuur; finansies, syfers en rekeningkunde; gasvryheid en toerisme; ingenieurswese en boubedryf; inligting- en kommunikasietegnologie (ikt); mediese- en gesondheidsorg; opvoedkunde en onderwys; plant- en dierkunde; regte; sekretarieel en administratief; sosiale wetenskappe; sport; taal en kommunikasie; uitvoerende en dramatiese kunste; vakmanskap en opgeleide spesialis ambagte; visuele en skeppende kunste; wetenskappe en wiskunde; wetstoepassing en beskerming

Voorskou Naam Beskrywing
Beroepsvoorligting Kies Skoolvakke Verdere Onderwys en Opleidingsfase Graad 10 tot 12

’n gedetailleerde handleiding wat hoërskoolkinders sal help om die regte skoolvakke te kies vir caps verdere onderwys- en opleidingsfase graad 10 tot 12; hoe om onsekerheid van jou toekoms te hanteer; jou belangstellings; wat is ’n beroep; wat is ’n roeping; lys vakke beskikbaar vir kabv (“caps”); vereistes om te matrikuleer en jou nasionale senior sertifikaat (nss) (“nsc”) te verwerf; die keuse tussen wiskunde of wiskundige geletterdheid; hoe selekteer jy jou drie keusevakke; vakke wat jy benodig vir moontlike beroepe in onderskeie rigtings

Voorskou Naam Beskrywing
Beroepsvoorligting Studierigtings Grade Volgens Dissiplines

’n gedetailleerde gids vir hoërskoolleerders om hulle te help om die regte studierigting te kies; besluit of jy ’n graad of diploma wil verwerf; wil jy na skool studeer aan ’n universiteit, tegniese universiteit (tegnikon) of kollege; ’n lys van algemene fakulteite met hul unieke departemente by universiteite; fakulteite sluit in: ekonomiese en bestuurswetenskappe; opvoedkunde; ingenieurswese, bou-omgewing en inligtingstegnologie; gesondheidswetenskappe; geesteswetenskappe; regsgeleerdheid; wetenskappe; teologie en godsdiens; veeartsenykunde; ’n lys van voorgraadse grade van universiteitsfakulteite waarvoor jy kan studeer om ’n professionele beroep te beoefen

Voorskou Naam Beskrywing
Beroepsvoorligting Tersiêre Opleidingsinstellings Universiteite

’n gids vir hoërskoolleerders om hulle te help om ’n universiteit te kies; vind toepaslike inligting oor jou gekose studierigting by universiteite; ’n lys van universiteite in suid-afrika; inligting oor hul webtuiste, kontaknommer(s), e-posadres(se) en kampus(se) is ingesluit; tradisionele universiteite: nelson mandela universiteit (madibaz); noord-wes universiteit (nwu / pukke); rhodes universiteit (rhodian); universiteit van kaapstad (uct / ikeys); universiteit van fort hare; universiteit van johannesburg (uj); universiteit van kwazulu-natal (ukzn); universiteit van limpopo; universiteit van pretoria (up / tuks); universiteit van suid africa (unisa); universiteit van stellenbosch (maties); universiteit van die vrystaat (ufs / kovsies); universiteit van die witwatersrand (wits); universiteit van venda; universiteit van wes-kaap (uwc); universiteit van zululand (ongoye); walter sisulu universiteit (wsu); universiteite van tegnologie: kaapse skiereiland universiteit van tegnologie (cput / cats); sentrale universiteit van tegnologie (cut); durban universiteit van tegnologie (dut); mangosuthu universiteit van tegnologie (mut); sol plaatje universiteit (spu); tshwane universiteit van tegnologie (tut); universiteit van mpumalanga; vaal universiteit van tegnologie (vut)

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.