Easy English First Additional Language
‘Easy English First Additional Language’ is 'n taalleer-studieprogram in Engels vir leerders met Engels as hul Eerste Addisionele Taal.
Hierdie program is ontwerp om leerders te help om Engels te leer en om huiswerk en eksamenvoorbereiding eenvoudig en prakties te maak. Dit bevorder lees- en skryfvaardighede en bou Engelse woordeskat. Sterk fokus word geplaas op Engelse spelling-, grammatika- en leestekensreëls. Riglyne met voorbeelde oor hoe om dokumente, opstelle en toesprake te skryf vereenvoudig die skryfproses. ’n Groot aantal toetse met antwoorde is beskikbaar vir selfassessering.