Afrikaanse Skoolensiklopedie
‘Afrikaanse Skoolensiklopedie’ is ’n volledige ensiklopedie gerig op skoolkinders met vele dokumente in Afrikaans.
Die doelstelling van die ensiklopedie is om kinders bloot te stel aan ’n wye verskeidenheid onderwerpe en om by hul ’n nuuskierigheid en liefde vir inligting en kennis wakker te maak. Geniet die voordeel en gerieflikheid van inligting in Afrikaans met pragtige foto’s, kleurvolle illustrasies en sketse. Die inhoud handel oor verskeie onderwerpe wat relevant tot skoolkinders is. Dit vergemaklik huiswerk en kan aangewend word vir die voltooiing van take, opdragte en navorsing van hul eie. Inligting kan ook gebruik word vir toesprake.