Prethoek
‘Prethoek’ is ’n kognitiewe-ontwikkelingsprogram vir laerskoolleerders.
‘Prethoek’ is ontwerp om beide die linker- en regterbreinaktiwiteite van groeiende kinders te stimuleer. Dit bevorder denkvaardighede, taal- en wiskundige konsepte en hand-en-oog-koördinasie. ‘Prethoek’ bou ook ’n breër algemene kennis. Kognitiewe ontwikkeling word bevorder deur opvoedkundige speletjies, legkaarte en kreatiewe probleemoplossing. Kleurvolle werkkaarte skep ’n innemende ervaring. Speelse opvoedkundige aktiwiteite streef daarna om ’n belangstelling in leer te skep wat noodsaaklik is vir sukses in hul toekoms.