5 REDES WAAROM JOU KINDERS NOU MOET STUDEER VIR HUL JAAREINDEKSAMEN

Maandag, 08 Oktober 2018

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Nou is dit die tyd om te begin met voorbereiding vir die eindeksamen. Moenie agter raak nie.

blogImage

Stel jou voor dat dit die aand is voordat jou kinders se jaareind-eksamen begin, hulle probeer om die leerwerk in hul verstand te prop, jy kan sien hoe moeg hulle is en daar is net een gedagte in jou agterkop: “As hulle maar net vroeër begin het!” Ons het almal al so gevoel, om te wens dat ons die tyd kan terugdraai om ons kinders te help om vroegtydig voor te berei. Hierdie jaar kan egter anders wees, want hierdie jaar kan jy nou begin om jou kinders aan te moedig om vir eksamens te leer. Vroegtydige voorbereiding vir eksamens is die beste strategie vir eksamen sukses. Soos Alexander Graham Bell gesê het, “Bo enigiets anders, is voorbereiding die sleutel tot sukses.”


5 Redes waarom jou leerders vroegtydig vir hul jaareindeksamens moet leer:
1. Om vooraf voor te berei vereis ’n skedule.
2. Om vooraf te leer help om doelwitte te stel.
3. Om vooraf voor te berei bou stamina.
4. Neem die spanning weg.
5. Daar is tyd vir selfassessering deur middel van eksamenvraestelle.


1. Om vooraf voor te berei vereis ’n skedule.

Ons weet almal wat ’n studieskedule is en hoe om dit te gebruik. As jou kinders egter nie vroegtydig leer nie, het ’n studieskedule geen waarde nie, want hulle sal waarskynlik net probeer om al die inligting op een dag in te prop. ’n Studieskedule word die rooster waarop jy jou vordering meet en as dit nie in plek is nie, sal jou kinders nie weet watter onderwerpe hulle gedek of nie gedek het nie. As jy meer inligting nodig het oor hoe om ’n skedule op te stel, lees ons blog ‘Vier wenke wat jou sal help om 'n skedule vir 'n suksesvolle skooljaar op te stel.’


2. Om vooraf te leer help om doelwitte te stel.

Vroegtydige voorbereiding vir die eksamens help om kleiner doelwitte te stel wat jou lei om groter doelwitte te bereik. Weereens kan dit gedoen word deur middel van ’n skedule wat die doelwitte vir die dag en week voorlê, byvoorbeeld as elkeen van jou kinders een tot twee hoofstukke per dag leer, sal hulle in ’n maand deur al hul werk kom en gereed wees vir die eksamens. Dus, kleiner doelwitte help om groter doelwitte te bereik.


3. Om vooraf voor te berei bou stamina.

Wanneer jou kinders begin met hul voorbereiding vir eksamens, sal hul konsentrasie-kapasiteit dalk nie tot hul volle kapasiteit wees nie. Dit is dieselfde as om fiks te raak vir ’n sportsoort – jy sal nie ’n marathon op jou eerste dag van oefening kan hardloop nie. Jy begin om die eerste dag 500m te draf, dan verhoog jy die afstand geleidelik na 2, 3 en 5km. Dan verhoog jy jou spoed om 5km ’n bietjie vinniger te hardloop en so verhoog jy jou uithouvermoë. Dit vereis ’n geleidelike toename in oefensessie-intensiteit om uiteindelik die volle marathon te hardloop. Net soos om vir ’n marathon voor te berei, begin jy nie die studieproses deur ’n hele kwartaal se werk op een dag te leer nie. Jy leer een onderwerp vir 20 minute en neem dan ’n pouse van 10 minute. Later verhoog jy die studietyd tot 30 minute met ’n pouse van 10 minute en so meer. Op hierdie manier leer die student geleidelik hoe om stil te bly vir 1 – 2 uur en te konsentreer teen volle kapasiteit.


4. Neem die spanning weg.

Voorbereiding vir toetse vooraf maak kinders werklik minder stres, bloot omdat hulle weet dat hulle al hul werk nagegaan het. Hoe stresvol is dit as ons weet daar is werk wat ons nie geleer het nie en die angs om nie te weet of dit in die vraestel gaan wees nie? Dus, deur vooraf voor te berei, sal jou kinders een minder ding hê om oor te stres.

Stres het ook ’n negatiewe invloed op groeiende kinders se vermoë om te presteer. Om jou kinders te help om stres op ’n gesonde manier te hanteer, lees ons blog, ‘7 Tegnieke wat jong kinders sal help om stres te hanteer.’


5. Daar is tyd vir selfassessering deur middel van eksamenvraestelle.

Dit is algemeen bekend dat eksamenvraestelle kinders help om vir toetse en eksamens voor te berei, want die leerders sal weet watter soort vrae om te verwag. Waar sal jou kinders die tyd kry om oefen-eksamenvraestelle uit te werk as hulle nie vooraf leer nie? Deur middel van oefen-eksamenvraestelle sal jou kinders die eksamenvertroue kry wat hulle nodig het om hul eksamens af te lê, alhoewel dit verg egter tyd om die kuns van om eksamen te skryf te bemeester.


Om meer te leer oor die voordele van eksamenvraestelle, lees ons blog ‘Die beste manier om te verseker dat jy voorbereid is vir jou eksamen, is deur selfassessering.’ Om jou kinders se eie oefen-eksamenvraestelle te koop, besoek ons webtuiste: www.afrikaanseskoolprojekte.co.za.

Lees ons ander blog artikels vir meer inspirasie:
Vyf redes waarom jy nou moet hard werk om later die vrugte te pluk.’
Hoe om eksamenstres te hanteer.’

Ons hoop dat jy hierdie artikel geniet het en dat jy jou kinders sal aanmoedig om so gou as moontlik te begin met voorbereiding vir hul jaareindeksamens.

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

6 EENVOUDIGE DINGE WAT JY DADELIK KAN DOEN OM JOU TE HELP MET DIE VOORBEREIDING VAN JOU TOETSE

Voorbereiding vir toetse kan stresvol wees. Ons deel egter vandag met jou 6 maklike wenke oor hoe jy...

Lees

LEER SLIM MET HIERDIE 6 EFFEKTIEWE STUDIE RIGLYNE

Leer om slimmer te werk, nie harder nie, met ons 6 effektiewe studie riglyne. Dit is een van die bel...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.