5 STELLE RAAD VIR OUERS OM HUL KINDERS AAN TE SPOOR OM TE LEER

Maandag, 15 Oktober 2018

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Moedig jou kinders aan tydens hul voorbereiding vir die eindeksamens.

blogImage

As ouers is ons dikwels so besig om ons huise te organiseer en seker te maak alles verloop goed by die werk, dat ons dikwels vergeet om op te let wanneer hulle vir die eindeksamen moet begin voorberei. Vir ons kinders, kan die komende eksamen voel soos ’n berg wat hulle op hul eie moet uitklim. Sommige kinders kan hul bes probeer om deur ’n leersessie te werk terwyl ander dit uitstel. Hoe sal ons ons kinders tydens hierdie belangrike stadium van hul akademiese reis ondersteun? Hoe kan ons ons kinders aanmoedig om hul beste in hierdie eksamen te gee?


Spoor jou kinders aan om te leer vir die eindeksamens met hierdie 5 wenke:
1. Wees entoesiasties om te leer.
2. Help jou kinders om ’n skedule en roetine op te stel.
3. Leer vir hulle verantwoordelikheid.
4. Prys jou kinders se pogings.
5. Toon deernis en wees geduldig.


1. Wees entoesiasties om te leer.

Die eerste ding wat ons as ouers moet onthou, is dat ons kinders na ons kyk, selfs wanneer ons dit nie besef nie. Bob Keeshan het gesê: “Ouers is die beste rolmodelle vir kinders. Elke woord, beweging en aksie het ’n effek. Geen ander persoon of eksterne krag het ’n groter invloed op ’n kind as ’n ouer nie.” As ouers begin verklaar hoeveel hulle die dag geleer het en opgewonde raak oor kennis, dan sal hul kinders ook. As ouers opgewonde is om goeie boeke te lees en dit aanmoedig, sal hulle kinders volg. Hoeveel keer sal ouers die nuus lees en dan kla oor die inhoud of kla oor al die verslae wat hulle moet lees? Kinders begin dan om lees met klagtes en negatiewe emosies te assosieer. As ouers egter kies om positiewe en opbouende boeke te lees en te praat oor die wonderlike dinge wat hulle leer en te bespreek hoe waardevol die inhoud is, sal hul kinders ook met ’n positiewe houding praat oor die ding wat hulle leer. Wees die ouer wat altyd geesdriftig is oor kennis.


2. Help jou kinders om ’n skedule en roetine op te stel.

Die opstel van ’n studieskedule help kinders om beheer oor hul tyd te kry. Op hierdie manier kan jou kinders besluit hoeveel hoofstukke of onderwerpe hulle elke dag wil studeer en om sodoende klein doelwitte te bereik. ’n Skedule help ook om ’n gewoonte te vorm om te leer. Byvoorbeeld, as jou kinders baie besig is met buitemuurse aktiwiteite, maak seker dat jy dit in ag neem vir hul skedules. As jou kinders direk na skool een uur lank sport beoefen of musiek lesse het, kan hulle gaan oefen, middagete hê en om 16:00 uitgerus wees, dan kan hulle leer vir 20-minuut intervalle met ’n 10-minuut studie-breek in tussen. Op hierdie manier word nie net die aktiwiteit geskeduleer nie, maar ook die rustyd. Lees meer oor die opstel van ’n skedule in ons blog artikel ‘Vier wenke wat jou sal help om 'n skedule vir 'n suksesvolle skooljaar op te stel.’


3. Leer vir hulle verantwoordelikheid.

As dit kom by leerwerk, lê die verantwoordelikheid om te sit en konsentreer heeltemal by die kinders. Ouers kan egter hul kinders leer dat die uitsluitlike verantwoordelikheid by hulle lê. Moedig hulle aan om te leer en te hou by die studieskedule en kontroleer of hulle hul daaglikse doelwitte bereik het wat in hul skedule uiteengesit is. As jou kinders nie geleer het die dag nie en dit uitgestel het deur televisie te kyk of op hul fone te wees, moet die gevolge duidelik wees. Byvoorbeeld, hulle sal dan die naweek minder tyd mag spandeer met hul vriende, omdat hulle in daardie tyd hul leerwerk moet opvang.

Jy kan hulle ook inlig oor die gevolge van om spyt te wees. Die gevolg van om spyt te wees beteken dat jou kinders later sal spyt wees dat hulle nie geleer het nie. Gewoonlik skop hierdie gevoel van spyt wees in die aand voor ’n toets of eksamen, of wanneer die uitslae uitkom en hulle gedruip het. Verduidelik aan jou kinders dat hulle aan die einde van die eksamen baie gelukkiger sal wees as hulle goeie punte behaal het as wanneer hulle meer tyd bestee het agter die televisie.


4. Prys jou kinders se pogings.

Ons is soms so krities oor wat ons kinders nie gedoen het nie (hulle het nie hul kamers skoongemaak nie, nie hul beddens opgemaak nie, nie hul werk gedoen nie, ens.), dat ons nie al die moeite sien wat hulle ingesit het in ander aktiwiteite wat verband hou met hul skoolwerk nie. Prys jou kinders se studiepogings. Sê vir hulle dat jy trots is op hul werksetiek en tydbestuursvaardighede. Moenie net fokus op hul punte of rapport nie, fokus op hul pogings. Prys hulle veral as jy verbetering in hul punte sien, al is daar nog ruimte vir meer verbetering.


5. Toon deernis en wees geduldig.

As dit by jou kinders se leerroetine kom, is die belangrikste ding wat jy kan doen om geduldig te wees. As jy sien dat jou kinders hul bes probeer, wees geduldig met hul punte en prestasie. Hê deernis met hulle en sê vir hulle dat as hulle hul beste poging gee, dan is dit genoeg.


Ons hoop dat hierdie 5 stelle advies ouers sal inspireer om hul kinders te help wanneer hulle leer. As jy nog addisionele advies het, deel dit asseblief in die kommentaar hieronder.

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

6 EENVOUDIGE DINGE WAT JY DADELIK KAN DOEN OM JOU TE HELP MET DIE VOORBEREIDING VAN JOU TOETSE

Voorbereiding vir toetse kan stresvol wees. Ons deel egter vandag met jou 6 maklike wenke oor hoe jy...

Lees

LEER SLIM MET HIERDIE 6 EFFEKTIEWE STUDIE RIGLYNE

Leer om slimmer te werk, nie harder nie, met ons 6 effektiewe studie riglyne. Dit is een van die bel...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.