6 REDES WAAROM JY NIE NOU MOET MOED OPGEE OP JOU SKOOLONDERRIG NIE

Maandag, 03 September 2018

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Soms moet ons boekwurms word om goeie resultate te kry. Dit is belangrik om hard te werk en die wil het om te slaag. Niks is meer neerdrukkend as om ’n jaar te herhaal nie.

blogImage

Gedurende die derde kwartaal in ’n skooljaar is kinders geneig om ’n bietjie meer ontspanne en vergeetagtig van hul akademiese doelwitte te wees. Jy kan jou koers verloor a.g.v. die warmer weer en lekker aktiwiteite wat voorlê in die lente. Daar is swembadpartytjies en skooldanse en selfs ’n kort skoolvakansie om na uit te sien. Die waarheid bly egter, toetse en huiswerk gaan ophoop en dit is nou tyd om doeltreffend vir die einde van die jaar se eksamens voor te berei. Nou is dit die tyd om jouself toe te wy aan die doelwitte wat jy in die begin van die jaar gestel het. Dit is nie nou die tyd om op te gee op jou skoolopleiding nie.

Om op so ’n kritiese tyd gedurende die skooljaar op te gee sal net vir jou teleurstelling bring. Om op te gee beteken dat jy opgehou het om ’n poging te maak en selfs erken dat jy verslaan is. Om fisies op te gee op jou skoolonderrig beteken om op te hou om jou huiswerk te voltooi, nie opdragte in te handig nie, of jy word te lui om elke dag se werk op te som. Om geestelik op te gee is veel erger, want dit beteken dat jy reeds besluit het dat jy nie sal slaag om jou akademiese doelwitte te bereik nie. Om geestelik op te gee beteken dat jy opgehou probeer het omdat jy alle hoop verloor het om sukses te behaal.

Jesse Jackson het eenkeer gesê: “As jy agter raak, hardloop vinniger. Moenie opgee nie, moenie oorgee nie, en styg uit bo alle verwagtinge.” Ons wil jou vandag inspireer om nie op te gee op jou onderrig nie en om voort te gaan om jou bes te gee.


Ons deel met jou die beste redes deel hoekom jy nie moet opgee nie. Hierdie redes word die beste omskryf deur die volgende 6 vrae te vra:
1. Hoekom het jy hierdie doel in die eerste plek?
2. Sal jy spyt wees om nie te slaag nie?
3. Wat sou jy misloop as jy nie jou doelwitte bereik nie?
4. Sal dit jou regtig gelukkig maak om te druip?
5. Hoekom bewys jy nie jou kritici verkeerd nie?
6. Watter soort persoon sal ek word as ek nie leer nie?


1. Hoekom het jy hierdie doel in die eerste plek?

Die eerste vraag om jouself te vra wanneer jy op jou akademiese reis wil tou opgooi, is: “Hoekom het jy hierdie doel in die eerste plek?” Die antwoord sal vir elke individu verskil, want ons is almal uniek en het ons eie motiewe. Dit kan wissel vanaf om jou eweknieë te beïndruk of om jou ouers tevrede te stel, om mislukking te vrees of omdat jy dit geniet om erkenning te kry vir jou sukses. Dit kom altyd neer op die feit dat ons as mense altyd wil aanhou om te ontwikkel. Selfs wanneer dit moeilik of ongemaklik is, wil mense in die algemeen hulself verbeter.

Daarom kan ons aflei dat jy ’n akademiese doel stel sodat jy jouself kan verbeter. Hierdie doel kan nuut wees vir jou of iets wees wat jy weer wil bereik. Wat ook al die geval mag wees, jy wil jou lewenservaring uitbrei, jou gedagtes laat ontwikkel en ’n beter weergawe van jouself word wanneer jy hierdie doel bereik. As jy die rede hoekom jy jou doel wil bereik ken, voel dit minder soos werk en meer soos ’n missie. Maak die rede waarom jy jou akademiese ambisies nastreef toepaslik en opwindend, en dit sal jou help om gefokus te bly op die eindresultate.


2. Sal jy spyt wees om nie te slaag nie?

Daar is 'n kragtige aanhaling deur Jim Rohn wat sê: “Daar is twee tipes pyn wat jy in die lewe sal ervaar, die pyn van dissipline en die pyn van berou. Dissipline weeg onse terwyl berou tonne weeg.”

Jim Rohn se woorde is baie waar wanneer dit kom by die onderwys. Wanneer jy jouself dissiplineer om te studeer wanneer jy moet, kan jy tydelike ongemak ervaar. Die ongemak van dissipline is egter veel minder as die ongemak van berou wat jy voel wanneer jy ’n toets druip of die jaar moet herhaal. Die beloning om gedissiplineerd te wees, is beter as die korttermyn vertroosting van luiheid en uitstel. Daarom moet jy leer wanneer jy die tyd gemaak het om te studeer en aan jouself die moeilike vraag vra: “Sal ek spyt wees as ek nie sukses behaal nie?”

As jy hulp nodig het oor hoe om ’n skedule op te stel, lees ons blog ‘Vier wenke wat jou sal help om 'n skedule vir ’n suksesvolle skooljaar op te stel’ en om te leer hoe om skoolwerk en buitemuurse aktiwiteite deur tydsbestuur te balanseer, lees ons blog ‘Vind balans tussen skoolwerk en buitemuurse aktiwiteite’.


3. Wat sou jy misloop as jy nie jou doelwitte bereik nie?

Afhangende van jou akademiese doelwitte, kan daar verskeie wonderlike ervarings wees wat jy kan misloop as jy dit nie bereik nie.

Oorweeg die volgende voorbeelde:

  • Jy kan ’n ooreenkoms met jou ouers hê dat jy slegs kan deelneem aan jou gunsteling sport indien jy al jou vakke slaag.
  • As jy ’n baie moeilike graad wil studeer wat baie onderskeidings vereis, soos medies of ingenieurswese, kan jou doelwitte die verbetering van jou wiskunde punte insluit.
  • Miskien het jy ’n bietjie slap gelê en jy het nie so goed gedoen in die vorige toetse soos jy wou nie. Alhoewel jy nie so goed in die verlede gedoen het nie, wil jy die akademiese jaar sterk afeindig en jy kan ’n nuwe doel stel om jou finale punte te verbeter.
  • Jou doel kan ook baie meer persoonlik wees. Byvoorbeeld, om aan jouself te bewys dat jy van 40% tot 50% in ’n vak kan styg. Jou toewyding sal jou hoop gee.


Daar is baie ander voorbeelde waarom jy jou doelwitte wil bereik. Alhoewel jy dalk oorweldig kan word met vrees dat dit te laat is om jou kanse te verbeter om jou doelwitte te bereik, wees gerus dat dit nooit te laat is nie. Moenie jou opvoedkundige doelwitte misloop weens vrees, luiheid of uitstel nie. As jy in ’n sportspan wil speel, maar jou punte op jou rapport moet verbeter, laat dit jou dan inspireer om te gaan leer. As jy dokter wil wees, leer dan so hard as wat jy kan, sodat jy nie die geleentheid mis om lewens te red nie. As jy in die Top 10 akademiese presteerders in jou graad wil wees, moet jy jouself dissiplineer om elke dag opsommings te maak en deur oefen-eksamenvraestelle te werk. As jy jou lewe wil verander en die eerste persoon in jou gesin word om universiteit toe te gaan, moet jy harder werk as wat jy ooit tevore gewerk het. Vra jouself af: “Wat sal ek misloop as ek nie my doelwitte bereik nie?” en besluit dan watter veranderinge jy moet aanbring in jou daaglikse roetine sodat jy jou doelwitte kan bereik.



4. Sal dit jou regtig gelukkig maak om te druip?

Dit is natuurlik ’n baie maklike vraag om te antwoord, want om te druip sal jou nooit gelukkig maak nie. Vir ’n baie kort tydperk kan uitstel egter jou gelukkig maak, of eerder, om speletjies te speel as om te leer mag dalk goed voel, maar deur uitstel en om nie te leer nie, kan jy die pad van mislukking stap.

Dus, in plaas van om ’n ander episode van jou gunsteling televisie-reeks te kyk, of vir die 10de keer deur jou sosiale media te gaan, of selfs om net tyd te mors wanneer jy moet leer, vra jouself af: “Sal ek gelukkig wees as ek druip? Sal ek die gelukkigste weergawe van myself wees as ek nie my doel bereik nie? Of sal ek meer gelukkig wees oor die langtermyn as ek slag en sukses behaal?


5. Hoekom bewys jy nie jou kritici verkeerd nie?

Jy moet nooit jou lewe leef om ander te behaag, of in ooreenstemming bring met die standaarde wat jou maats of gemeenskap op jou plaas nie. Daar is egter niks so bevredigend as om jou doelwitte te bereik wanneer ander mense nie gedink het jy kan nie. Mense wat in jou getwyfel het, of agter jou rug aan ander gesê het dat jy nie jou drome kan bereik nie, sal geskok en selfs teleurgesteld wees as jy eintlik bereik wat hulle geglo het jy nie kan doen nie.

Die waarheid is, mense wat in jou vermoëns twyfel of sê dat jy te groot droom, sal reg of verkeerd wees. Hulle sal óf kan sê: “Ek het vir jou gesê dat dit nie gedoen kan word nie” of hulle sal moet erken dat jy daarin geslaag het toe hulle nie in jou geglo het nie. Wat wil jy eerder doen? Ons sê – gaan bewys die mense verkeerd wat in jou getwyfel het – baie verkeerd! Die keuse is joune.


6. Watter soort persoon sal ek word as ek nie leer nie?

Hierdie laaste vraag sal vereis dat jy diep in jou hart se begeertes delf en om jou lewe in 5 of 10 of selfs 20 jaar van nou af in te dink. Watter soort persoon sal jy wees as jy nie leer en hard werk aan jou akademiese doelwitte nie? Stel jouself voor as die ideale weergawe van jouself, met ’n universiteitsgraad en ’n wonderlike loopbaan. Sien jouself in jou gedagtes as die persoon wat jy wil wees. Verstaan dat dit moontlik is om daardie persoon te wees, maar dit vereis dat jy hard moet werk aan jou blink toekoms. As jy bereid is om jou beste poging vir jou skoolonderrig te gee, sal jy so trots wees op jou toekomstige self.


Ons wil jou aanmoedig om jouself hierdie moeilike vrae te vra en hard aan jou akademie te werk. Wees vertroue dat jy in staat is om sukses te behaal as jy nie opgee nie. Die sleutel is om vandag te begin. Laat weet ons hoe jy jouself motiveer wanneer jy inspirasie nodig het vir jou skoolonderrig.

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

HOE OM NUWEJAARSVOORNEMENS OP TE STEL WAT JY WERKLIK KAN BEREIK

Die eerste Januarie is ’n opwindende tyd om Nuwejaarsvoorneme te maak. ’n Nuwe jaar beteken om nuwe ...

Lees

HOE OM DIE EERSTE DAG VAN ’N NUWE SKOOLJAAR AAN TE PAK

Die eerste dag van die skool kan uitdagend wees, maar soos Penelope Ward gesê het: "Vervang die vree...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.