HOE OM NUWEJAARSVOORNEMENS OP TE STEL WAT JY WERKLIK KAN BEREIK

Maandag, 01 Januarie 2018

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Kry die maksimum uit jou skooljaar uit.

blogImage

Wanneer mens dink aan die nuwe jaar wat voorlê, is dit ’n opwindende tyd vir almal. Elke persoon wil hulself op een of ander manier verbeter - ons is immers net mens, ongeag of ons ons foute aan ander erken. Gedurende die vakansie het ons, ons kragte herstel en voel gedrewe om ’n beter weergawe van onsself te word en om ons drome te bereik. Om een of ander rede word die eerste Januarie as die perfekte geleentheid beskou om ons ‘beste self’ na te strewe. Dit beteken die afskeid van ons verlede en alles wat ons terug hou, sowel as om nuwe doelwitte te stel.

Alhoewel die opstel van doelwitte baie belangrik is vir ’n suksesvolle lewe, is die realiteit dat slegs 8% van mense wat Nuwejaarsvoorneme gemaak het dit sal bereik. Teen Februarie het 80% van mense reeds hul Nuwejaarsvoorneme opgegee en teruggeval na die ou gewoontes van hul verlede.

Is verandering regtig so moeilik om te maak? Is daar een of ander manier hoe ons die 8% kan word? Hoe kan ons volhard om ons doelwitte te bereik?


In hierdie artikel verduidelik ons hoe die volgende metodes jou kanse sal verbeter om jou Nuwejaarsvoorneme te verwesenlik:
1. Die sleutel tot sukses is om jou doelwitte behoorlik te definieer.
2. Moenie jou doelwitte aan ander mense bekend maak nie.
3. Breek groot drome op in kleiner doelwitte.
4. Motiveer jouself daagliks.
5. Geniet dit.


1. Die sleutel tot sukses is om jou doelwitte behoorlik te definieer.

Die eerste stap, voordat jy met jou reis kan begin om ‘jou beste self’ te word, is om baie spesifieke doelwitte te stel. Jy sal niks bereik as jy nie weet wat jy wil bereik nie. As jy nie ’n spesifieke eindbestemming het nie, sal jy maklik jou fokus verloor en afwyk van jou koers.


Wat wil jy bereik? Skryf jou doelwitte neer in eksplisiete detail. Skryf neer teen wanneer jy dit wil bereik en hoe jy dit gaan doen. Dink aan al die moontlike ‘beste weergawes van jouself’. Selfs al kom sommige idees te ambisieus na vore en maak dit jou angstig dat jy dalk kan misluk.

Nadat jy jou doelwitte gefinaliseer en gedefinieer het, skryf dit netjies oor of tik dit uit. Druk drie (3) kopieë uit. Plaas een kopie langs die spieël waarin jy in die oggend kyk, een langs jou bed en een langs die deur waardeur jy die meeste loop. Hoekom is dit belangrik? Dit neem ongeveer 21 interaksies om ’n gewoonte te vorm. As jy 3 keer per dag vir 21 dae in ’n ry na jou Nuwejaarsdoelwitte kyk, sal jou brein ’n baie sterk konneksie met hierdie doelwitte vorm. Diep in jou onderbewussyn sal die wortels gevestig word. Sonder om aktief daaraan te dink, sal jou verstand begin om strategieë uit te beplan, probleme op te los en kreatiewe maniere te vind om jou drome na te streef en dit ’n realiteit te maak. Die volgende keer as jy bewustelik nadink oor jou doelwitte en die struikelblokke hoe om dit te oorkom, sal dit wees asof jy al die antwoorde het.


2. Moenie jou doelwitte aan ander mense bekend maak nie.

Baie mense sal sê dat jy jou doelwitte met familie en vriende moet deel. Moenie dit doen nie. Wanneer jy vir ander mense jou doelwitte vertel, ervaar jou brein ’n oomblik van onmiddellike bevrediging. Deur mense te vertel wat jy uiteengesit het om te doen, het dit dieselfde euforiese effek op die brein as om dit werklik te doen. Elke keer as jy vir iemand jou doelwitte vertel, voel dit vir jou brein asof jy dit alreeds bereik het. Jou dryfkrag om jou droom te bewaarheid word baie verminder en jy sal waarskynlik nie daardie doel bereik nie. Jy kan egter een persoon kies, slegs een persoon, aan wie jy jou doelwitte en drome bekend kan maak. Hierdie persoon moenie ’n vriend of iemand wees wie nie ook vasberade is om hul eie doelwitte te bereik nie. Hulle sal jou toelaat om slap te lê, aangesien hulle nie self tred hou nie. Hierdie persoon moet iemand wees wie jy respekteer en vertrou. Iemand met gesag wat ook vir jou omgee - soos ’n ouer of mentor. Hulle kan jou gemotiveerd hou en jou aanspreeklik hou om jou doelwitte te bereik. Onthou egter dat slegs jy jou doelwitte kan bereik. Jy moet die moeite doen. Jy is die enigste een wat jou drome kan bewaarheid. Jy kan nie rondsit en niks doen en verwag om resultate te sien nie.



3. Breek groot drome op in kleiner doelwitte.

Die voltooiing van jou skoolonderrig is net deel van ’n veel groter droom wat elke kind het. Miskien weet jy al watter beroep jy eendag wil beoefen, of dalk nog nie. Dit is wel belangrik om in gedagte te hou dat alles wat jy nou doen inpas by ’n groter plan. Jy sal uitstekende punte op skool moet behaal om studie toelating by die universiteit te bekom. As dit jou droom is om ’n dokter of veearts te word en jy is passievol daaroor om lewens te red, is jy waarskynlik reeds geïnteresseerd in biologie en wetenskap, maar ongelukkig kan jy nie wiskunde vermy nie. Selfs as jy nie baie daarvan hou nie, sal jy hard daaraan moet werk. Vooruitstrewende argitekte moet hul megastrukture volgens die wette van fisika en wetenskap ontwerp. Lugdiens-ingenieurs moet soms hul gedagtes uit die ruimte kry en werk met ’n ekonomiese begroting. Verkies jy die rugbyveld bo rekeningkunde en sou jy eerder ’n sportheld wou word as om kantoorwerk te doen? Dan moet jy daagliks oefen en die nodige vaardighede verbeter, maar onthou dat sport net een helfte van die wiskundige vergelyking is. Jy kan nie professioneel meeding as jy in jou 50’s is nie. Jy moet ekonomie verstaan en jou inkomste belê. Jy kan iemand aanstel om dit vir jou te doen, maar jy sal nooit weet of jy mislei en bedrieg word nie. Niks is meer teleurstellend as ’n goeie sportman wat slegte besigheidskeuses gemaak het nie. Dieselfde geld vir ander buitengewone beroepe. As jy groot sukses bereik as ’n popster, moet jy taal-vaardighede besit, aangesien jy baie regskontrakte sal moet lees. Taal is nie net vir outeurs of prokureurs nie.


Noudat jy besef jy moet aandag aan jou skoolonderrig gee om jou doelwitte te bereik, gaan ons bespreek hoe jy jou studies moet aanpak om dit jou beste skooljaar te maak.

Gestel dat jy teen die einde van die jaar ’n gemiddeld van 80% vir al jou vakke wil behaal. Jy kan eenvoudig nie 50% deur die jaar kry en hoë punte vir jou finale eksamen verwag nie. Groot doelwitte word slegs bereik deur kleiner daaglikse prestasies wat voortdurend na jou beste vermoë uitgevoer moet word. As jy ’n onderskeiding wil behaal vir al jou vakke, moet jy jou huiswerk elke dag doen; jy moet elke dag leer. Jy moet voortdurend hard werk, nie net op die dae wanneer jy gemotiveerd voel nie. Daarboonop moet jy ekstra doen. As jy jou huiswerk doen en hard studeer, maar jy sukkel steeds met ’n onderwerp, moet jy meer hulpbronne aanwend. Jy kan hulp van ’n tutor kry, kyk na- en lees handleidings en studiegidse. Jy kan met behulp van jou Afrikaanse Skoolprojekte subskripsie deur oefentoetse en voorbeeld eksamenvraestelle werk.

As jy jou beste poging aanwend, sal jy suksesvol wees. Arnold Schwarzenegger het gesê, “Jy kan nie die leer van sukses met jou hande in jou sakke klim nie.”


4. Motiveer jouself daagliks.

As ’n totaal van 92% mense hul Nuwejaarsvoorneme opskort, moet jy deel van die 8% van mense wees wat hul doelwitte voortsit. Dit beteken om jouself daagliks te motiveer. Daar sal dae wees wanneer jy nie wil huiswerk doen of leer nie; oefen vir die atletiek, na die koor oefening gaan, of die viool wil speel nie. Party dae gaan jy moeg, gedreineer of net nie in die bui wees vir dit nie, maar jy gaan nie opgee nie! Jy moet jouself herinner dat jy in die top 8% van die wêreld is wat by hul plan hou.


Maniere om dit te oorkom is om motiverende aanhalings te soek en dit oor jou slaapkamer se mure te plak. Hou ’n dagboek met foto’s van jou helde. Maak ’n visiebord om jou aan doelwitte te herinner. Herinner jouself daaraan dat jy waardig is om elke doel en droom wat jy het te bereik.

“Mense sê dikwels dat motivering nie duur nie. Wel, om te bad duur ook nie - dit is hoekom ons dit daagliks aanbeveel.” - Zig Ziglar


5. Geniet dit.

Om hard te werk om jou doelwitte te bereik is nie veronderstel om neerdrukkend te wees nie - dit moet pret wees! Visualiseer jouself met alles wat jy wil hê. Visualiseer hoe jy sal voel wanneer jy daardie doel bereik. Stel jou voor hoe goed jy gaan voel wanneer jy vinniger hardloop, goeie punte kry, hoër note sing of beter sport speel en wanneer jy jouself trots maak! Wees opgewonde en geïnspireerd omdat ons een lewe gegee is en om te lewe is goed - selfs al is dit sommige dae moeilik. Ons moet daarna streef om ons beste self te word, want ons verdien om te wees wie ons bedoel is om te wees. Steve Jobs het gesê: “Die enigste manier om werklik tevrede te wees, is om te doen wat jy dink goeie werk is. En die enigste manier om goeie werk te doen, is om lief te wees vir dit wat jy doen.”



Nuwejaarsvoorneme is pret en opwindend om te maak. Ons sal graag jou storie wil hoor en uitvind wat jou planne is om jou Nuwejaarsvoorneme na te streef. Hoe was jou lewe in die verlede en hoe lank duur jou Nuwejaarsvoorneme normaalweg? Miskien het jy alreeds van hierdie struikelblokke oorkom en begin om aan die toekoms te bou wat jy vir jouself wil hê. Het jy enige advies en motiverende aanhalings wat jou geïnspireer het om ’n kopskuif te maak? Deel dit asseblief met ons! Ons wens aan almal ’n wonderlike Nuwejaar toe!

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

HOE OM NUWEJAARSVOORNEMENS OP TE STEL WAT JY WERKLIK KAN BEREIK

Die eerste Januarie is ’n opwindende tyd om Nuwejaarsvoorneme te maak. ’n Nuwe jaar beteken om nuwe ...

Lees

HOE OM DIE EERSTE DAG VAN ’N NUWE SKOOLJAAR AAN TE PAK

Die eerste dag van die skool kan uitdagend wees, maar soos Penelope Ward gesê het: "Vervang die vree...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.