HOE OM EKSAMENSTRES TE HANTEER

Maandag, 04 Junie 2018

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Hierdie tyd van die jaar is uiters moeilik en stresvol vir elke leerder. Moenie dat stres die oorhand oor jou kry nie.

blogImage

Stres is die oorsaak van gesondheidsprobleme, angs en mislukte toetse vir dekades - of so mag dit voorkom. Vandag wil ons die manier waarop jy stres sien vir die res van jou lewe verander! Al kan stres verlammend wees of jou selfs siek laat voel kan stres eintlik ’n krag in jou wakker maak.

Die sleutel is om die optimale hoeveelheid spanning te bepaal sodat ons op ons beste presteer en te verstaan dat ons die manier waarop ons aan stres dink, moet verander.


Maniere om eksamenstres te hanteer:
1. Bepaal die optimale hoeveelheid spanning.
2. Kry die optimale hoeveelheid spanning.
3. Verander die manier waarop jy dink oor stres.


1. Bepaal die optimale hoeveelheid spanning.

As jy gestres voel vir 'n toets, kan jy óf oorweldig, gemotiveerd of verlam voel. Hierdie drie emosies het 'n direkte uitwerking op die uitkoms van jou toets. Wetenskaplikes, Robert Yerkes en John Dodson, het 'n studie gedoen oor die effek van stres op jou prestasie. Die resultate word die beste beskryf deur middel van 'n visuele voorstelling in terme van 'n grafiek. Op hierdie grafiek verteenwoordig die x-as die hoeveelheid spanning wat jy ervaar, terwyl die y-as jou prestasievlak toon (hoe goed jy doen).

Die verhouding tussen stres en prestasie lei tot 'n klokvormige kromme. In die afdeling gemerk "A" is die spanning laag en die prestasie is ook laag. Dit dui aan waar daar geen spanning is voor 'n uitdagende gebeurtenis nie, en jy het nie die fokus en motivering om hard te werk nie. Afdeling B en C is jou optimale prestasie met matige tot hoë spanning. Dit is waar jy gemotiveerd voel om hard te werk, adrenalien pomp en jy berei jou voor om die uitdaging te bereik. Laastens, afdeling D toon dat buitengewone stres korreleer met lae prestasie. As jou stres te hoog is, word jy gemoeid met die spanning self en dit kry die oorhand oor jou, byvoorbeeld 'n gebrek aan slaap, angs of jou geheue raak skoon weg.


die-verhouding-tussen-stres-en-prestasie-grafiek-afrikaanse-skoolprojekte

Wanneer jy die optimale hoeveelheid spanning bepaal het, sal jy geïnspireerd, gemotiveerd en vasberade wees om suksesvol te wees.



2. Kry die optimale hoeveelheid spanning.

  • Oefen onder eksamensomstandighede en raak gewoond aan die gevoel van eksamenstres onder beheerde omgewings. Jy kan dit doen deur Afrikaanse Skoolprojekte se eksamenvraestelle en antwoorde te gebruik.
  • Berei vooraf voor vir jou toetse sodat die werkslading nie onnodige druk op jou plaas nie.
  • Moenie jou studiewerk “cram” nie, sodat jy nie verward en gefrustreerd voel wanneer jy die eksamen skryf nie.
  • Verminder die stres wat nie met die eksamen verband hou nie. As jy byvoorbeeld 'n belangrike toets of eksamen het, moet jy nie meer stres op jou plaas vir ’n ander aktiwiteit nie. Jy moet ook stresvolle faktore soos argumente en bakleiery met vriende, stres in jou gesin of stresvolle sosiale situasies uitskakel. Vir daardie week van jou eksamen, probeer om net op jou eksamen te fokus.
  • Vind ontspanningstegnieke om jouself te kalmeer wanneer jy oor jou optimale prestasiestresvlak beweeg het.


3. Verander die manier waarop jy dink oor stres.

Selfs nadat jy hierdie grafiek gesien het en jou optimale stresvlak verstaan, kan jy nog steeds bang wees vir die woord "stres". Die manier waarop jy oor stres dink, kan egter jou prestasie selfs verbeter!

Kelly McGonigal is 'n gesondheidsielkundige van Stanford Universiteit wat die verhouding tussen jou gesondheid en stres bestudeer. Sy beweer dat 'n verandering in die manier waarop jy na stres kyk, jou lewenservaring, geluk en gesondheid sal verbeter. "As jy jou gedagtes oor stres verander, kan jy jou liggaam se reaksie op stres verander."

Het jy al ooit simptome van stres ervaar tydens 'n toets, soos 'n verhoogde hartklop, vinniger asemhaling of selfs 'n bietjie sweet uitgeslaan? Ons was almal daar! Ons het almal angs en spanning ervaar oor eksamens en druk. McGonigal maak egter 'n nuwe voorstel: "Wat as jy hierdie tekens beskou as 'n manier waarop jou liggaam energie gee en jouself voorberei om hierdie uitdaging aan te pak."

Met ander woorde, jy kan jou stresrespons as nuttig beskou. Jou kloppende hart berei jou voor vir optrede. Verhoogde asemhaling stuur meer suurstof na jou brein sodat jy besluite vinniger en meer akkuraat kan neem. As jy stres sien as 'n nuttige hulpmiddel om jou werkverrigting te verhoog, vernou jou bloedvate nie, maar bly dit ontspanne, selfs al klop jou hart vinniger. Dit is bloot jou liggaam wat gereed maak om die uitdaging te hanteer. Dit is jou gedagtes en jou liggaam wat onverskrokke raak.


Ons wil jou aanmoedig om stres as voordelig te sien tydens eksamens. Verander die manier waarop jy stres beskou en bepaal jou optimale hoeveelheid spanning waar jy op jou beste kan presteer. Onthou “'n Diamant is net 'n stuk houtskool wat stres besonder goed hanteer.” ~ Onbekend. Hanteer dus jou stres, slaag jou eksamens en word daardie diamant! Deel hierdie artikel met vriende as jy weet hulle dat hulle stress ervaar. Laat weet ons watter ander tegnieke jy gebruik om op jou beste te presteer!

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

VIND ’N LEERSTYL WAT DIE BESTE BY JOU PAS

Het jy geweet daar is 4 primêre leerstyle: Visuele leerstyl, Ouditiewe leerstyl, Lees/Skryf leerstyl...

Lees

DIE BESTE MANIER OM TE VERSEKER DAT JY VOORBEREID IS VIR JOU EKSAMEN, IS DEUR SELFASSESSERING

Het jy al ooit hard gestudeer vir 'n toets, maar dan op die dag van die toets is jou geheue skoon we...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.