KEUR TERUG NA SKOOL SONDER OM TE VOEL ASOF JY ’N VAKANSIE NODIG HET

Maandag, 16 Julie 2018

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Die vakansie was wonderlik, maar dit is tyd om jou akademiese reis voort te sit.

blogImage

Na ’n lang ruk weg van die skool af en allerhande lekker en opwindende aktiwiteite gedurende vakansie, is dit beslis moeilik vir die meeste kinders om hul gedagtes rondom die idee van weer skool toe te gaan te rig. Wie kan hulle blameer? Dit is natuurlik baie meer pret vir kinders om buite te speel, vriende te besoek en hul stokperdjies te beoefen as om ure lank agter handboeke in ’n klaskamer te spandeer – en nog ’n paar om huiswerk te doen en te leer wanneer hulle by die huis kom. Gelukkig het ons ’n paar idees wat hulle sal help om weer met hul akademiese roetine gemaklik te raak.


Terug skool toe wenke:
1. Vat dit rustig, een dag op ’n slag.
2. Kuier met vriende.
3. Kom in ’n roetine.
4. Beplan vooruit met ’n persoonlike kalender.
5. Wees vriendelik met onderwysers.


1. Vat dit rustig, een dag op ’n slag.

Klasse, huiswerkopdragte en ander verpligtinge met betrekking tot skool kan baie vinnig oorweldigend raak. Alhoewel dit beslis ’n goeie idee is om voorbereid te wees vir jou klasse en om vanaf dag een te begin werk, moet jy nie jouself daaroor uit-stres nie. Die eerste paar dae is altyd ietwat ongeorganiseerd. Dit is redelik normaal – selfs onderwysers vind hul pad terug na hul normale roetines. Moenie jouself in die diep kant ingooi van die eerste dag af nie. Abraham Lincoln het eenkeer gesê: “Die beste aspek van die toekoms is dat dit een dag op ’n slag kom.” Om teen jou eie tempo te werk is noodsaaklik as jy hierdie akademiese wedloop wil wen. Jy wil nie gedurende die eerste week uitbrand nie. As jy van vanaf amper geen stress na hoë ladings spanning in so ’n kort tydjie gaan laat jy nie jou liggaam toe om aan te pas by die swaar werklading nie. Jou immuunstelsel kan verswak en jy staan ’n kans om siek te word. Jy sal nie behoorlik kan funksioneer nie en sal sekerlik agter raak, wat verder tot jou stres vir die res van die skoolkwartaal sal bydra.


2. Kuier met vriende.

Die kans is groot dat jy gedurende die vakansie gereeld tyd saam met jou vriende spandeer het. Miskien het jy die tyd geneem om vriende van ander skole wat jy nie gereeld sien nie te besoek of dalk het jy ’n paar nuwe vriende hierdie vakansie gemaak. Neem die tyd om weer in te skakel by almal wat jy nie tydens jou breek gesien het nie. Hulle sal jou graag wil sien. As jy bekende gesigte by die skool sien sal jou brein outomaties die verbinding maak dat jy hier by die skool is om te leer en hulle is ook hier vir dieselfde rede. Onthou, hulle gaan deur dieselfde emosies van onsekerheid en opsien om terug te wees. Ten minste is dit iets wat julle reeds in gemeen het! Vertel hulle van jou vakansie en vra hulle uit oor hulle vakansie. Om op ’n goeie voet met jou klasmaats te wees, is nooit ’n slegte ding nie. Jy moet dalk later in die kwartaal vir hulle ’n guns vra. Dit gee jou ook die geleentheid om ’n studie-vriend te vind. Goeie vriende sal nie net jou sosiale lewe bevoordeel nie, maar kan ook help om jou punte te verbeter. Soek mense wat hardwerkend is. Jy hoef nie die slimste persoon in die klaskamer uit te soek nie. Net iemand wat toegewyd en aangenaam is om mee te wees. Dinge sal een of ander tyd moeilik raak en dit sal beslis help om iemand by jou te hê wat dieselfde uitdagings as jy in die oë staar. Hulle sal die ondersteuning netsoveel benodig. Dis immers waarvoor vriende daar is.


3. Kom in ’n roetine.

Tydens die vakansie is roetine nie ’n prioriteit vir die meeste mense nie. Kinders hou daarvan om ’n bietjie later te slaap en gaan ook bed toe lank na hul gewone slaaptyd. Byna alles word ontwrig... Eetgewoontes, oefenskedules en meer. Om in ’n roetine te kom sal onmiddellik help as jy weer probeer om aan jou klasskedules en buitemuurse aktiwiteite te voldoen. Stel jou wekker elke dag om jou op ’n spesifieke tyd wakker te maak en ook wanneer jy jou gereed moet kry vir die bed. Kom in die gewoonte om jou maaltye te beplan en gereeld te eet. Dit sal ook beslis help om jou skooltas te pak en jou klere die vorige aand gereed te kry. Jy wil nie die oggend betyds wakker word en steeds laat wees vir skool omdat jy niks kon opspoor nie.


4. Beplan vooruit met ’n persoonlike kalender.

Saam met ’n roetine, sal dit help as jy jou dag, week en maand beplan. Dit sal jou help om tred te hou met jou roetine en jou tyd beter te bestuur. Ons het ’n volledige artikel getiteld ‘Vier wenke wat jou sal help om ’n skedule vir ’n suksesvolle skooljaar op te stel’ wat jou sal help om ’n skedule op te stel wat jou behoeftes sal pas. Onthou almal is anders.

Wenk: As jy sien dat ’n wiskunde toets opkom in ’n stylvolle daaglikse beplanner sal dit beslis minder vervelig voel. Jy sal meer positief voel as alles georganiseerd en netjies is. Moet net nie meer ure spandeer om die bladsye van jou beplanner te versier in plaas van om werklik jou opdragte af te handel nie.


5. Wees vriendelik met onderwysers.

Elke kind het ’n gunsteling onderwyser. Jy gee jou bes in hul klas; jy is altyd betyds en jou huiswerk word altyd na die beste van jou vermoëns voltooi. Jy hou van sommige onderwysers meer as ander, en ongelukkig is daar ook een of twee onderwysers wat vir jou opdraande gee, selfs al het jy niks verkeerd gedoen nie. Onderwysers beïnvloed jou toewyding teenoor hul vakke asook die punte wat jy verdien. Jy is net ’n mens. Jou emosies kom soms in die pad en jy dink nie altyd duidelik nie. Jy moet nie toelaat dat jou prestasie en toewyding soveel beïnvloed word deur die persoonlikheid van ’n onderwyser nie. Dit help nie dat jy ’n onderskeiding in een vak kry en die res druip nie. Dit beteken dat jy nie jou gedagtes op alle belangrike gebiede sal ontwikkel nie en ongelukkig baie dinge sal misloop. Onthou dat onderwysers ook deur persoonlike kwessies gaan. As hulle ’n slegte dag het, moet jy dit net afskud. Moenie toelaat dat ander kinders jou beïnvloed om te dink dat hulle die moeilikste mense ooit is nie. Handhaaf ’n vriendelike en professionele onderwyser-student verhouding. Wees vriendelik en hoflik teenoor elke onderwyser. Nie net is dit goeie maniere om respek vir hul te toon nie, maar hulle is daar om jou te leer. Onderwys is kosbaar. Onderwysers sal meer geneig wees om jou te help as jy met iets sukkel of eenvoudig vir jou ’n eksamenwenk gee as jy met hulle vriendelik is en hardwerkend is in hul klas. Hulle sal dit opmerk. Moet egter nie ’n witvoetjiesoeker wees nie. Hulle, sowel as ander studente, sal dit ook opmerk.


Ons vertrou dat hierdie wenke jou sal help om wee in die skool modus te kom. Laat weet ons of jy enige ander idees het om jou gereed te kry vir ’n goeie skooltermyn.

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

HOE OM NUWEJAARSVOORNEMENS OP TE STEL WAT JY WERKLIK KAN BEREIK

Die eerste Januarie is ’n opwindende tyd om Nuwejaarsvoorneme te maak. ’n Nuwe jaar beteken om nuwe ...

Lees

HOE OM DIE EERSTE DAG VAN ’N NUWE SKOOLJAAR AAN TE PAK

Die eerste dag van die skool kan uitdagend wees, maar soos Penelope Ward gesê het: "Vervang die vree...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.