TERUG SKOOL TOE KONTROLELYS

Dinsdag, 26 Januarie 2021

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Maak seker jou kind is gereed met ons terug skool toe kontrolelys.

blogImage

Om jou kinders gereed te kry vir skool is ’n groot werk. Om inkopies te doen vir skoolbenodigdhede kan ’n bietjie oorweldigend raak. Daarom wil ons seker maak dat jy nie vergeet van die noodsaaklikhede wat hulle waarskynlik deur die jaar gaan gebruik nie. Maak seker dat jou kinders voorsien is met noodsaaklike skoolbenodigdhede, skryfbehoeftes, uniforms, elektronika en meer. Gebruik hierdie eenvoudige kontrolelys as riglyn om te verseker dat jy niks uitlaat nie. Pas dit aan volgens jou kinders se behoeftes, vakke en grade. Gehoorsaam asseblief alle riglyne en protokolreëls soos uiteengesit deur die skool en die regering.


Maak seker jou kind is gereed vir die nuwe skooljaar:
1. Terug skool toe kontrolelys.
2. Sluit aan by ons.
3. Met ’n subskripsie kry jou kinders...
4. Begin hier.


1. Terug skool toe kontrolelys.

  • Afrikaanse Skoolprojekte subskripsie
  • Rekenaar toegang
  • Internet toegang
  • Drukker (“printer”)
  • Handboeke
  • Notaboeke
  • Skryfboeke
  • Blanko papier
  • Grafiek papier
  • “Post-it notes”
  • Indeks kaarte
  • Boogkniplêers
  • Kalender
  • Balpuntpenne
  • Merkpenne
  • Glanspenne
  • Potlode
  • Potloodskerpmaker
  • Uitveër
  • Flaterwater / korreksievloeistof
  • Skêr
  • Gom
  • Liniaal
  • Gradeboog
  • Sakrekenaar
  • Gaatjiepons
  • Potloodsakkie
  • Skool rugsak
  • Sportsak
  • Kosblik
  • Skooluniform
  • Masker
  • Handreiniger
  • Vloeibare seep
  • Skoonmaak-lappie / doekies
  • Klein noodhulpkissie

 


2. Sluit aan by ons.

Met behulp van ons hulpbronne kan jou kinders hul studie-skedule en tempo bepaal volgens hul eie persoonlikheid, behoeftes en vordering. Deur hul eie tempo te bepaal, kan hul brein meer inligting stoor en blywende herinneringe maak. Hierdie metode sal meer effektief wees en beter resultate lewer. Om so te leer is ook baie lekkerder!


3. Met ’n subskripsie kry jou kinders...

  • ’n voorsprong wat voordelig is vir hul onderrig
  • honderde kwaliteit opvoedkundige hulpbronne
  • onmiddellike toegang om die hele jaar se werk af te laai



4. Begin hier.

Registreer op ons webtuiste om jou profiel met inteken-besonderhede te skep. ’n Rekening word benodig om jou subskripsie met aflaaibare produkte te aktiveer.

Besoek asseblief hierdie bladsy vir volledige stappe Hoe Om Aan Te Sluit.


Die beste manier om sukses in die klaskamer te verseker, is om vanaf dag een te begin werk. Gee jou kind die beste geleentheid om hul potensiaal te bereik.

Sluit nou aan

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

HOE OM NUWEJAARSVOORNEMENS OP TE STEL WAT JY WERKLIK KAN BEREIK

Die eerste Januarie is ’n opwindende tyd om Nuwejaarsvoorneme te maak. ’n Nuwe jaar beteken om nuwe ...

Lees

HOE OM DIE EERSTE DAG VAN ’N NUWE SKOOLJAAR AAN TE PAK

Die eerste dag van die skool kan uitdagend wees, maar soos Penelope Ward gesê het: "Vervang die vree...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.