VIND BALANS TUSSEN SKOOLWERK EN BUITEMUURSE AKTIWITEITE

Maandag, 20 Augustus 2018

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Sport, kuns en kultuur het baie voordele, maar dit moet nie jou verhinder om jou huiswerk te doen nie.

blogImage

Oral rondom ons is daar druk om te presteer. Akademies, op die sportveld, op die verhoog en selfs sosiaal. Ons word verwag om in elke aktiwiteit wat ons kies om te doen uit te blink en soms kom die verwagtinge van onsself af. Ons kyk na ons vriendekring en sien hulle doen goed in toetse, word as kaptein aangewys van hul sportspanne, sing in die koor, neem deel aan die debatspan en op een of ander manier het hulle ’n groot vriendekring. Hoe doen hulle dit? Hoe balanseer hulle skool, sport, kultuur en ontspanning? Waar kry hulle die tyd?

Zig Ziglar het eenkeer gesê “Die probleem is ’n gebrek aan rigting, nie ’n gebrek aan tyd nie. Ons het almal net vier en twintig uur per dag.” Ons glo dat die balansering van skoolwerk en buitemuurse aktiwiteite neer kom op tydbestuur. Tydsbestuur is die proses van beplanning en beheer van tydsbesteding aan spesifieke aktiwiteite. Tydsbestuur verhoog effektiwiteit, doeltreffendheid en produktiwiteit. Ons glo wanneer al jou aktiwiteite goed beplan en uitgevoer word in hul spesifieke tydsraamwerke, sal daar genoeg tyd wees vir ontspanning en pret aktiwiteite.


Belangrike maniere om jou tyd te maksimeer en hoe om skoolwerk en buitemuurse aktiwiteite balanseer:
1. Prioritiseer jou aktiwiteite.
2. Bestuur jou tyd.
3. Hantering van druk en hersiening van jou plan.


1. Prioritiseer jou aktiwiteite.

Wanneer dit by jou aktiwiteite kom, moet jy dit kategoriseer van die mees belangrik tot die minste belangrik. Op hierdie manier sal jy maklik weet aan watter aktiwiteite jy meer tyd moet toeken wanneer jy ’n skedule opstel. As jy jou aktiwiteite prioritiseer, oorweeg om ’n ouer, onderwyser of voog te vra om te help, want as jy op skool is, dink jy dalk om ’n videospeletjie te speel die is belangrikste ding, maar in werklikheid is jou wiskunde punte nie wat dit behoort te wees nie. ’n Ouer, onderwyser of voog kan help deur leiding te gee met die groter prentjie.

Moenie ’n aktiwiteit as ’n geheel prioritiseer nie, maar breek dit eerder in komponente op om beter te verstaan waarop jy moet fokus. Byvoorbeeld, natuurlik moet skoolwerk jou belangrikste prioriteit wees as ’n groeiende kind. Jy moet egter skoolwerk in die verskillende vakke verdeel. Jy kan selfs die verskillende vakke in hul verskillende modules verdeel om jou aktiwiteite beter te prioritiseer. As jou Lewensoriëntering punte baie hoog is, omdat die inhoud van hierdie vak natuurlik vir jou kom, maar jou Engelse punte is nie goed nie, prioritiseer eerder jou Engelse huiswerk bo Lewensoriëntering huiswerk. Onthou, jy moet steeds jou Lewensoriëntering-huiswerk voltooi, maar jy moet meer tyd spandeer op Engels.

Ons stel voor dat jy ’n lang lys maak van al die aktiwiteite wat jy gedurende die maand doen. Evalueer dan die belangrikheid van ’n aktiwiteit met hierdie vier vrae:

  • Hoe belangrik is dit vir jou?
  • Hoe goed presteer jy tans in die aktiwiteit?
  • Hoeveel tyd word daar benodig om goed te doen in die aktiwiteit?
  • Dra dit by tot jou sukses op die langtermyn?

Wanneer jy die vier vrae beantwoord het, rangskik die aktiwiteite en begin met die beplanning van ’n skedule om meer tyd toe te ken aan die aktiwiteite wat hoër prioriteite opneem.


2. Bestuur jou tyd.

Om jou tyd effektief te bestuur, sal ’n groot verskil in jou produktiwiteit maak. Jy sal meer oor ’n korter tydperk bereik, bloot omdat jou tyd nie verlore raak nie. Dit beteken nie dat daar geen vrye tyd of tyd sal wees om te ontspan nie, dit beteken bloot dat die tyd wat jy neem om te ontspan, geskeduleer sal word. Inteendeel sal jy jou vrye tyd meer kan geniet, want jy weet dit is welverdiend en gepas om ’n breek te neem. Dit verhoed dat jy nie belangrike take uitstel nie en sal algehele stres verminder omdat jy weet wanneer dit gepas is om al die pretaktiwiteite te doen.

Daar is baie maniere om ’n skedule op te stel. In ons vorige blog artikel ‘4 Wenke wat jou sal help om 'n skedule vir 'n suksesvolle skooljaar op te stel’, bespreek ons maniere om verskillende soorte skedules op te stel en hoe om daaraan te voldoen.

’n Goeie manier om jou tyd te bestuur, is deur Covey se tydbestuur matriks. Hierdie rooster is geskep deur Stephen Covey wat die beste verkoper ‘The Seven Habits of Highly Effective People’ geskryf het. In hierdie matriks verduidelik hy dat jy jou tyd effektief bestuur kan deur ’n tabel wat Belangrike, Nie Belangrike, Dringende en Nie Dringende aktiwiteite toon nie. Wanneer jy jou aktiwiteite in die tabel lys, sien jy duidelik waarop jy moet fokus. Hieronder is die visuele voorstelling van die tydbestuur matriks.


tydbestuur-matriks-afrikaanse-skoolprojekte

In die tabel kan jy sien daar is vier kwadrante. Kwadrant 1 verteenwoordig die Dringend en Belangrike take, Kwadrant 2 verteenwoordig die Nie Dringend en Belangrike take, Kwadrant 3 verteenwoordig die Dringende en Nie Belangrike take en Kwadrant 4 verteenwoordig die Nie Dringend en Nie Belangrike take.


Kwadrant 1:
Kwadrant 1 bevat take wat Dringend en Belangrik is, take wat byvoorbeeld punte voor gegee word en gevolge sal hê indien hulle nie betyds voltooi is nie. Hierdie kwadrant is vir sperdatums en belangrike krisisse wat dadelik opgelos moet word. Dit is take wat nie veronderstel is om te veel tyd op te neem nie en wat vinnig en doeltreffend voltooi kan word. Hierdie lys moet ook so kort moontlik wees (want jy wil verkieslik so min as moontlik krisisse of problem hê). Jy moet hierdie take altyd eerste voltooi. Voorbeelde van kwadrant 1 take: Huiswerk wat die volgende dag ingehandig moet word; laaste minuut voorbereiding vir ’n toets; ’n werkopdrag wat jy op ’n inhandigingsdatum moet ingee; ’n taak wat jy vergeet het om te doen, maar nou voltooi moet word.

Kwadrant 2:
Kwadrant 2 bevat aktiwiteite wat Nie Dringend is nie, maar baie Belangrik is. Dit is take wat jy moet uitvoer vir jou langtermyn sukses. Hierdie take is nie dringend nie of het nie ’n sperdatum, maar dit is beslis belangrik. Hierdie blok bevat take wat jy vooruit kan beplan en dit help om te voorkom dat krisisse en spertye te naby raak as jy vooraf werk. Die meeste van jou tyd moet hier bestee word. In hierdie blok sal jy dissipline en deursettingsvermoë bou, aangesien dit gewoonlik langtermyn doelwitte bevat. Byvoorbeeld: As jy droom om ’n tenniskampioen te word, moet jy 4 – 5 keer per week oefen. Gebruik hierdie blok om tennisoefeningstye in te voeg. Nog ’n voorbeeld is om vooraf voor te berei vir ’n toetssiklus of die eksamen. Jy het dalk ’n doelwit om 4 onderskeidings aan die einde van die jaar te kry, maar jy moet elke dag fokus om opsomming van elke vak te maak.

Onthou asseblief dat kwadrant 2 op langtermyndoelwitte fokus, dit sluit ook verhoudings in, so skeduleer kwaliteit tyd saam met jou vriende, familie en jou ouers in. As jy nie die verhoudingstyd in hierdie matriks skeduleer nie, sal jy waarskynlik nie sosiale interaksie hê nie en alleen begin voel of depressief word. Beplan tyd vir jou vriende en prettige dinge wat jy wil doen - dit hou jou ook gesond en gemotiveerd.

Kwadrant 3:
Die derde kwadrant is vir take wat Dringend is, maar Nie Belangrik is nie. Dit kan gesien word as die onderbrekings- of afleidingsblok, omdat onvoorsiene en onbelangrike dinge kan gebeur wat jy in hierdie blok moet byvoeg. Hierdie blok steel gewoonlik baie tyd, want ons kan dink dat iets baie dringend is om te voltooi (soos die vyfde vergadering van die studenteraad in ’n week of wanneer jy na ’n studiegroep toe gaan net om ou werk wat jy reeds verstaan, weer te hersien), maar dit help nie regtig ons langtermyn sukses nie. Probeer dus om jou tyd in hierdie blok te verminder.

Kwadrant 4:
Kwadrant 4 is waar al die uitstel en tydverspilling gebeur, want dit is dinge wat jou nie help om jou doelwitte te bereik nie. Hierdie blok bevat take wat Nie Dringend en Nie Belangrik is nie. Byvoorbeeld, om ure op Facebook of Instagram te wees, YouTube-video’s te kyk waar jy nie regtig iets nuuts leer nie, of ’n TV-reeks in oormaat te kyk. Selfs om met vriende te kuier terwyl jy weet jy moet eintlik leer vir ’n toets wat jy die volgende dag skryf. Dit beteken nie dat vriendskap nie belangrik is nie (dit is baie belangrik), maar selfs lekker aktiwiteite met vriende kan geskeduleer word wanneer dit welverdiend is. Maak seker jy spandeer die minste tyd in hierdie kwadrant, of maak seker dat die tyd wat jy hier spandeer, welverdiende vryetyd is. Skeduleer dinge in hierdie blok soos om ’n nuwe fliek te gaan kyk, en maak seker jy gaan eers die fliek kyk nadat alles in die eerste kwadrant voltooi is.

Wanneer jy leer hoe om effektief Covey se tydbestuur matriks te gebruik, sal jy take sonder paniek of stres uitvoer, omdat jy die belangrikheid van elke aktiwiteit verstaan en die korrekte hoeveel tyd daaraan toeken.


3. Hantering van druk en hersiening van jou plan.

Wanneer jy baie buitemuurse aktiwiteite aanpak, kan jy dikwels gestres voel, omdat jy moeg is, daar baie druk op jou is en jy sal party dae voel asof jy alles wil los. Dit beteken dat jy dalk ’n breek nodig het, of dat jy te veel op een slag afgebyt het. Evalueer jou prioriteitslys en bepaal of jy regtig lief is vir al die aktiwiteite op die lys. Byvoorbeeld, jy mag dalk baie daarvan hou om in die skool se musiekgroep (“band”) te speel, maar jy geniet regtig nie koor nie. Hierdie twee aktiwiteite is beide musikaal aangedryf, dus kan jy sê dat jy die koorgroep wil verlaat omdat dit nie bydra tot jou geluk of sukses nie. Kies jou buitemuurse aktiwiteite goed en moenie sekere aktiwiteite uitvoer wat nie bydra tot jou geluk nie.

Nog ’n voorbeeld is as jy regtig wil studeer in ’n mededingende veld, soos om medies te gaan swot, en jy weet jy moet goeie punte behaal. Om goeie punte te kry is alreeds baie druk, daarom moet jy die druk van ander aktiwiteite verminder. Jy moet oorweeg om een sportaktiwiteit te verlaat en eerder na ekstra wiskunde- en wetenskapklasse te gaan, want dit sal die druk van jou studies verminder.

Laastens, moenie druk ervaar deur wat ander mense sê nie, hetsy jy baie buitemuurse aktiwiteite of min buitemuurse aktiwiteite het. Ons is almal individue. Moenie jouself met ander vergelyk nie. As jy net wil deelneem aan 1 of 2 buitemuurse aktiwiteite, is dit heeltemal aanvaarbaar. As jy wil probeer om alle buitemuurse aktiwiteite wat by die skool beskikbaar is uit te probeer, doen dit dan. Moenie bang wees vir wat ander mense dink of sê nie, jy is uniek en jy kan jou eie keuses maak oor hoe jy jou tyd spandeer. Jy sal met tyd leer wat jy kan en nie kan doen nie.


Die balansering van skoolwerk en buitemuurse aktiwiteite kan moeilik wees omdat ons almal se aandag partykeer afgelei word en soms fokus verloor. Die beste manier om weer op die regte pad te kom, is om eenvoudig jou prioriteite reg te stel, ’n skedule op te stel en daarby te hou. Victor Hugo het gesê: “Hy wat elke oggend die transaksies van daardie dag beplan en die plan volg, span ’n lyn wat hom deur die labirint van die besigste lewe sal lei.” Hoe balanseer jy skoolwerk en buitemuurse aktiwiteite en watter ander tegnieke gebruik jy om jou prioriteite te organiseer?

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

HOE OM NUWEJAARSVOORNEMENS OP TE STEL WAT JY WERKLIK KAN BEREIK

Die eerste Januarie is ’n opwindende tyd om Nuwejaarsvoorneme te maak. ’n Nuwe jaar beteken om nuwe ...

Lees

HOE OM DIE EERSTE DAG VAN ’N NUWE SKOOLJAAR AAN TE PAK

Die eerste dag van die skool kan uitdagend wees, maar soos Penelope Ward gesê het: "Vervang die vree...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.