VYF REDES WAAROM JY NOU MOET HARD WERK OM LATER DIE VRUGTE TE PLUK

Maandag, 22 Januarie 2018

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Bou jou toekoms op 'n stewige fondasie.

blogImage

Alle prestasies is gebou op 'n stewige fondasie van harde werk en deursettingsvermoë. Die beste manier om jou sukses in die klaskamer te verseker is om te begin werk van dag een af. Dit is soms baie maklik om te besluit om huiswerk uit te stel of om later te studeer, want daar is eers ’n eksamen in die volgende paar maande. ’n Paar maande kan egter vinnig in een maand verander, een maand verander vinnig in ’n week en voordat jy dit weet, is dit die dag voor jou eksamen. Jy het vir te lank uitgestel. Moenie dat uitstel afstel word nie.


Hier is 5 redes waarom jy nou moet werk wat ons in die artikel sal bespreek:
1. Ontwikkel goeie gewoontes om jou produktiwiteit aan te help.
2. Jy word vertroud met die inhoud.
3. Alles bou bo-op alles.
4. Jy sal minder gespanne wees.
5. Harde werk lei tot sukses.


1. Ontwikkel goeie gewoontes om jou produktiwiteit aan te help.

As jy hard werk van die begin af, kom jy in die gewoonte om hard en doeltreffend te werk. As jy reeds in die gewoonte is om hard te werk, is dit nie vreemd vir jou om vir die eksamen te leer nie. Op hierdie manier werk jy meer produktief oor die langtermyn.


2. Jy word vertroud met die inhoud.

Doen jou huiswerk vanaf dag een sodat jy vertroud raak met die inhoud van die werk. Wanneer jy dan begin om te leer vir jou toets, weet jy reeds watter onderwerpe moeiliker is en watter modules jy meer tyd aan moet spandeer. Jy kan makliker vooruit beplan en onderwysers en tutors vroegtydig vind om jou te help met die moeilike onderwerpe.


3. Alles bou bo-op alles.

Al jou studies bou bo-op mekaar. Graad 10-wiskunde is byvoorbeeld meer kompleks as Graad 9-wiskunde, maar die grondslag van jou Graad 9-wiskunde moet solied wees sodat jy Graad 10 se werk kan verstaan. As jy nou hard werk, sal jy ’n sterker akademiese fondasie hê, nie net vir hierdie jaar se eindeksamen nie, maar ook vir die volgende jare.


4. Jy sal minder gespanne wees.

Wanneer jy van die begin af hard werk vat jy die druk van jou af om vir eksamens te leer. As jy al die leerwerk die aand voor ’n eksamen in jou brein prober prop, sal jy gespanne wees. Daarom moet jy die skooljaar begin met goeie werksetiek, wat sal verseker dat jy die res van die jaar baie meer sal geniet.


5. Harde werk lei tot sukses.

Uiteindelik sal harde werk lei tot goeie punte wat baie deure in jou toekoms kan oopmaak, insluitende geleenthede om te studeer aan ’n universiteit of werksgeleenthede. Wie weet, deur jouself voortdurend op te bou deur hard te werk om jou doelwitte te bereik, kan jy die hoof uitvoerende beampte van ’n gesiene maatskappy word.


As jy hard werk, gee jy jouself die beste geleentheid om suksesvol te wees. Gary Player het gesê: “Hoe harder ek werk, hoe meer geluk het ek.” Wanneer ons harde werk insit, sal ons beloon word. Stel jy ooit jou studies uit of probeer jy altyd van die begin af hard werk? Deel met ons jou ervaring oor die voordele van harde werk.

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

HOE OM NUWEJAARSVOORNEMENS OP TE STEL WAT JY WERKLIK KAN BEREIK

Die eerste Januarie is ’n opwindende tyd om Nuwejaarsvoorneme te maak. ’n Nuwe jaar beteken om nuwe ...

Lees

HOE OM DIE EERSTE DAG VAN ’N NUWE SKOOLJAAR AAN TE PAK

Die eerste dag van die skool kan uitdagend wees, maar soos Penelope Ward gesê het: "Vervang die vree...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.