WAT BEHELS ’N GESONDE EN GEBALANSEERDE LEEFSTYL?

Maandag, 05 Maart 2018

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Dit is noodsaaklik vir kinders en tieners om gesond te leef sodat hul op hul beste kan presteer.

blogImage

’n Gebalanseerde leefstyl is een waar jy gesond en gelukkig is in alle aspekte van jou lewe – jou fisiese welsyn, emosionele toestand, intellektuele vermoëns en algehele gelukkigheid en vervulling. Om ’n gebalanseerde lewenstyl te hê, stel jou in staat om jou bes te doen en om ’n lewe van vreugde en opwinding te leef.

’n Gebalanseerde leefstyl sal vereis dat jy ’n ewewig tussen al jou aktiwiteite vind – dit beteken dat jy jou lewe moet prioritiseer op so ’n manier dat jy genoeg tyd spandeer aan elke belangrike aktiwiteit. Wat jy ook moet verstaan rondom ‘balans’ is dat jy jou prioriteite moet aanpas en soms weer van vooraf skeduleer. Tydens die eksamens moet jy minder tyd spandeer met vriende of aan ander ontspanningsaktiwiteite en meer tyd bestee om te leer. Wees bewus van jou doelwitte. Weet wanneer en hoe om jou aktiwiteite te prioritiseer sodat jy steeds jou doelwitte kan bereik. “Balans is die sleutel tot alles. Wat ons doen, dink, sê, eet en voel vereis bewustheid en deur bewustheid kan ons groei.” - Koi Fresco.


Die volgende sal jou help om ’n gebalanseerde leefstyl te handhaaf:
1. Hoekom is balans belangrik?
2. Weet wat jy wil hê.
3. Moenie te veel hooi op jou vurk laai nie.
4. Presies hoeveel tyd moet jy spandeer aan elke aktiwiteit?
5. Vertrou jou instink.


1. Hoekom is balans belangrik?

Om ’n gebalanseerde lewenstyl te hê is jou beste kans om die gelukkigste, gesondste en mees vervulde persoon te word wat jy moontlik kan wees. Daar is geen doel om 24 uur per dag te werk, maar jy raak heeltyd siek of bou nie verhoudings met jou familie en vriende op nie. Daar is ook geen doel om net televisie te kyk en tyd saam met vriende te spandeer as al jou eweknieë aan die einde van hul hoërskoolloopbaan na universiteite toe gaan, maar jy kon nie inkom nie. Die balansering van jou lewe sal jou die geleentheid gee om jou beste self te word!


2. Weet wat jy wil hê.

Om te weet wat jou doelwitte is, sal jou help om maklik te bepaal wat jy wil hê en waar jou prioriteite moet wees. As jy by ’n goeie universiteit wil inkom, moet jy jou studies prioritiseer bo televisie kyk of by die winkelsentrum rondloop. As jy gewig wil verloor moet jy dit ’n prioriteit maak om gesond te eet en om te oefen eerder as om ’n lui stoelpatat te wees wat die heel dag rekenaarspeletjies speel. Dit is so eenvoudig om jou doelwitte neer te skryf en dan ’n skedule op te stel om jou doelwitte te bereik. Sien ons blog artikel ‘Vier wenke wat jou sal help om ’n skedule vir ’n suksesvolle skooljaar op te stel’. Beplan jou lewe rondom jou waardes en prioriteite en jy sal meer gebalanseerd voel as ooit tevore.


3. Moenie te veel hooi op jou vurk laai nie.

Moenie voel dat jy die wêreld moet verander op dieselfde dag as wat jy besluit het dat dit jou doel is nie. Dit sal ’n paar jaar van toegewyde harde werk en deursettingsvermoë neem voordat jy werklik sal uitstaan en ’n verskil maak. Dinge kan oornag gebeur, maar die fondasie waarop jy jou drome bou moet stewig wees! Onthou dat jy nie alles gelyktydig kan doen nie. Kies vier tot sewe aktiwiteite wat vir jou baie belangrik is en wat jou gelukkig sal maak in die lewe – fokus dan dan daarop en blink daarin uit!

Byvoorbeeld:

  1. Eendag wil jy dalk ’n ingenieur word, daarom is skoolwerk vir jou baie belangrik. Pas jou leerskedule aan om op wiskunde, wetenskap en tegnologie te fokus.
  2. Jy is ’n atleet, daarom moet jy jou dag prioritiseer rondom oefening, gesonde kos eet en omsien na jou liggaam.
  3. Jy hou daarvan om die kitaar te speel, so jy behoort minstens 1 uur per dag dit te beoefen.
  4. Jou gesin is jou belangrikste ondersteuningstelsel, daarom prioritiseer jy jou tyd om Saterdae en Sondae saam met hulle die dag deur te bring.
  5. Jy en jou gesin mag dalk baie godsdienstig wees. Daarom woon jy elke Sondag die kerkdiens by en prioritiseer jy jou tyd om die Skrif te bestudeer.
  6. Jy waardeer die hegte verhoudings met jou vriende, dus moet jy seker maak dat jy hulle daaraan herinner dat hulle vir jou belangrik is. Spandeer tyd saam met hulle by die skool wanneer dit moontlik is.


As daar ander aktiwiteite is wat jy geniet, soos om televisie te kyk of speletjies op jou foon te speel, kan jy dit by jou schedule insluit, maar net as jy reeds aandag aan jou belangrikste prioriteite gegee het.


4. Presies hoeveel tyd moet jy spandeer aan elke aktiwiteit?

Die presiese hoeveelheid tyd wat jy aan ’n aktiwiteit moet spandeer, sal afhang van jou doelwit.

Fisiese gesondheid vereis ’n gemiddeld van een uur matige oefening om jou gesondheid te handhaaf. As jy egter meer fiks en gesonder wil word as wat jy voorheen was, moet jy die intensiteit van jou oefening verhoog of die hoeveelheid tyd wat jy daaraan spandeer, of soms beide, verhoog.

As riglyne vir kinders het die Harvard Skool vir Openbare Gesondheid in ’n artikel ‘Fisiese aktiwiteit riglyne: Hoeveel oefening het jy nodig?’ geskryf oor die nodige tyd wat kinders aan fisiese aktiwiteite moet spandeer:

“Kinders en adolessente moet ten minste 1 uur of meer per dag aan fisieke aktiwiteit in ouderdomsgeskikte aktiwiteite deelneem, waarvan die meeste matige of intensiewe aërobiese aktiwiteite moet wees. Hulle moet ten minste drie dae van die week deelneem aan hoë-intensiteit aërobiese aktiwiteite, en ook ten minste drie dae van die week spierversterkings- en beenversterkingsaktiwiteite insluit.”

Geestesgesondheid sal vereis dat jy in die klas aandag gee, konsentreer op jou huiswerk en leer vir toetse en eksamens. As jy weet dat jy binnekort ’n toetse of eksamens gaan skryf, moet jy die hoeveelheid werk wat jy het om te leer evalueer en verdeel sodat jy deur elke vak kan kom voordat jy die eksamens moet skryf. Byvoorbeeld: As jy 4 dae het om 30 bladsye se werk te leer vir ’n vak, verdeel dit op. Maak seker dat jy tydens dag 1 tot 3 elke dag 10 bladsye leer, sodat jy op die laaste dag voor die eksamen genoeg tyd het om jou werk te hersien en na vorige- en voorbeeldvraestelle te kyk.


5. Vertrou jou instink.

Laastens moet jy weet dat ’n gebalanseerde leefstyl afhang van hoe goed jy jouself ken en verstaan - jou fisiese-, verstandelike- en geestelike behoeftes. As jy weet jy benodig meer tyd saam met familie omdat dit jou gelukkig maak, spandeer dan meer tyd saam met jou familie. As jou geestelike behoeftes meer tyd van jou vereis, want dit gee jou ’n meer positiewe uitkyk op die lewe, dan laat dit so wees. Dit is jou lewe en jou gesondheid, dit is in jou hande.


Handhaaf jy ’n gebalanseerde lewenstyl en hoe hou jy dit vol? Vertel ons daarvan! As jy ’n ouer is, deel graag met ons hoe jy jou kinders tou-wys maak om gebalanseerd te leef.

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

HOE OM ’N GESONDE SELFBEELD TE ONTWIKKEL

Jou selfbeeld beïnvloed die besluite wat jy maak, die verhoudings wat jy het en uiteindelik die pers...

Lees

5 WENKE OM JOU SELFVERTROUE BINNE EN BUITE DIE KLASKAMER OP TE BOU

Het jy geweet daar is kragtige wetenskaplike maniere waarop jy dadelik meer selfvertroue kan verkry?...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.