WAT OM TE DOEN WANNEER JOU KIND GEBOELIE WORD

Maandag, 17 September 2018

Deur Afrikaanse Skoolprojekte

Hoe om verbale en fisiese teistering deur boelies te hanteer

blogImage

Bullebakkery, ook bekend as afknouery, vind plaas van geslag tot geslag. Bullebakkery is nie iets nuuts nie en in die digitale era het bullebakkery nog verder ontwikkel, wat dit makliker vir boelies maak om hul slagoffers te manipuleer. As ouers wil ons altyd hê ons kinders moet gelukkig en veilig wees, veral in opvoedkundige omgewings, soos skool. Tog, soms gebeur bullebakkery, daarom moet ouers weet wat om te doen. Walt Disney het gesê: “Ons grootste natuurlike hulpbron is die gedagtes van ons kinders.” Ons glo dat ouers aksie moet neem om hul kinders te beskerm teen alle skade om gesonde, groeiende gedagtes te verseker.


Aspekte rondom bullebakkery:
1. Wat is bullebakkery?
2. Die gevolge van bullebakkery.
3. Waarom bullebakkery gebeur.
4. Wat om te doen wanneer jou kind geboelie word.
5. Jou aksies kan die hele skool verander.


1. Wat is bullebakkery?

Bullebakkery word gedefinieer as die gebruik van groter krag of invloed om ’n persoon te intimideer. Gewoonlik beteken dit dat die slagoffer gedwing word om iets te doen wat hulle nie wil doen nie, wat die slagoffer pyn, besering en/of nood veroorsaak. Bullebakkery in die skool is skadelik vir leerders se welsyn en hul ontwikkeling, want die slagoffers van boelies in die skool is vreesbevange, verloor konsentrasie en kan selfs liggaamlike besering hê indien dit nie behandel word nie.

Volgens www.stopbullying.gov is daar drie tipes afknouery, naamlik verbale afknouery, sosiale afknouery en fisiese afknouery. Verbale afknouery sluit kwaadwillige dade in soos om die slagoffer te spot, naamnoeming, dreigende en onvanpaste opmerkings. Sosiale afknouery sluit in nare pogings om iemand se reputasie of geloofwaardigheid te vernietig. Dit sluit in die verspreiding van gerugte, die verleentheid van die slagoffer, of die intimidasie van iemand om nie met die slagoffer vriende te wees nie. Fisiese afknouery is die daad om die liggaam of besittings van die slagoffer seer te maak deur te stoot, te breek, te skop, te spoeg of onbeskofte handgebare te maak.

Alle soorte afknouery is ewe skadelik vir die slagoffer en moet nie ligtelik geneem word nie.


2. Die gevolge van bullebakkery.

Die resultate om as kind geboelie te word kan baie ernstig wees.

Die volgende is voorbeelde, gebaseer op vorige studies, wat kan gebeur wanneer ’n kind geboelie word:

  • ’n Afname in die slagoffer se prestasie in aktiwiteite wat hy/sy liefgehad het om te doen.
  • Die slagoffer het verhoogde angs en stresvlakke.
  • Die slagoffer word geïsoleer as gevolg van wantroue in mense.
  • Verlies in vertroue en selfbeeld.
  • Psigologiese skade soos wat hy/sy grootword en word ’n disfunksionele volwassene.
  • In die ergste scenario, kan afknouery lei tot selfmoord. Dit is elke ouer se nagmerrie en ons wil dit ten alle koste verhoed.

Afknouery is nooit aanvaarbaar nie. Om afknouery te voorkom, moet ons verstaan hoekom dit gebeur.


3. Waarom bullebakkery gebeur.

Bullebakkery gebeur as gevolg van baie faktore en geen kind is soos ’n ander nie. Elkeen word groot in verskillende omgewings, verskillende huishoudings en agtergronde. Afknouery as gevolg van omstandighede is egter nooit aanvaarbaar nie. Daarom wil ons ’n paar algemene faktore aanspreek waarom kinders ander begin boelie.

Lae selfbeeld
Kinders; en mense in die algemeen; met lae selfbeeld probeer gewoonlik om ander af te bring. Dit is as gevolg van jaloesie en onsekerheid. Om meer oor jaloesie te verstaan, lees ons blog, ‘Hoe om jaloesie van eweknieë te verstaan en oorkom.’ Om meer te verstaan oor die ontwikkeling van ’n gesonde selfbeeld, lees ons blog ‘Hoe om 'n gesonde selfbeeld te ontwikkel.’ Wanneer kinders ’n gebrek aan selfbeeld het, hulle probeer om hul vriende te beïndruk deur ander af te bring. Hulle voel die behoefte om hul eweknieë te beïndruk, maar die enigste manier waarop hulle weet hoe is deur hul slagoffers erger te laat voel as wat hulle voel.

Die gevoel van magteloosheid.
As kinders magteloos voel, as gevolg van faktore wat groter is as hulself, soos finansiële druk by die huis, konflik tussen ouers, onderprestasie in skoolaktiwiteite, hulle word dalk self geboelie, ens. Is hulle is geneig om opstandig op te tree. Dit beteken dat hulle op ’n aggressiewe wyse hulle frustrasie en angs op ander uitoefen sonder om na die gevolge te dink. Hierdie magtelose kinders het geen begrip om hul frustrasie, angs, stres en konflik te hanteer nie, want hulle is nog nooit geleer hoe om dit te hanteer nie. Ons stel voor om met ’n skoolsielkundige te praat om stres, vrees en angs te help bestuur.

Groepsdruk om boelie.
Wanneer kinders sien hoe hul vriende ’n slagoffer boelie, kan hulle aansluit, omdat hulle óf bang om self geboelie te word, óf hulle is bang om uit die vriendegroep geskop te word. Dit is groepsdruk om te boelie. Hierdie boelies voel dat dit nodig is om te boelie om deel van die vriendegroep te bly, selfs al weet hulle dit is verkeerd.

Gebrek aan aanspreeklikheid.
Dikwels word kinders wat boelies is, nooit gekonfronteer met die ware gevolge van hul optrede nie. Hulle het dalk iets soortgelyk gedoen, maar in ’n geringe mate, of hulle was nie uitgevang nie, daarom het hulle nie in die moeilikheid gekom nie. Nou hou hulle aan om die grense te toets om te sien waarmee hulle kan wegkom, sonder om gevang te word.

So, wat gebeur as jy uitvind dat jou kind geboelie word? Wat kan jy, as ouer, doen?


4. Wat om te doen wanneer jou kind geboelie word.

Die beste manier om jou kind te beskerm teen afknouery, is om hulle van ’n jong ouderdom te leer oor boelies. Wanneer ’n kind weet hoe om vroegtydig afknouery te identifiseer, kan hulle daaroor praat, ’n gesagsfiguur betrokke maak en die probleem in die beginfase oplos.

Tog, wat gebeur as jou kind tans geboelie word? Hier is ons aanbevelings *:

Neem onmiddellike aksie.
Baie ouers wil dalk daaruit bly of dat die kinders hulself uitsorteer, maar dit is die verkeerde benadering. Jou kinders moet weet dat jy daar is vir hulle en dat jy hulle sal beskerm. Wanneer jy die eerste tekens van nood of ’n verandering in jou kinders se karakter optel, praat met jou kinders en vind uit of daar afknouery betrokke is. As hulle jou vertel dat daar iemand by die skool is wat hulle pester, benader die situasie kalm en verseker hulle dat jy hulle sal help om dit te hanteer. Vind uit hoe ernstig die afknouery is en hoekom dit gebeur het. Vra jou kind of hulle iets gedoen het om die ander kind uit te daag of dalk het jou kind eerste die ander kind seergemaak het. Ons wil die feit beklemtoon dat jou kind die waarheid moet vertel en nie net aandag moet soek deur ’n ander kind valslik te beskuldig nie, want as jy begin om die bullebakkery te bestry en jou kind valslik ’n ander kind beskuldig het, sal jou geloofwaardigheid op die lyn wees.

As jy egter vasgestel het dat dit suiwer afknouery is en dat jou kind werklik die slagoffer is van die aggressie van ’n boelie, gaan dan voort om verdere stappe te neem.

Praat met die skool.
Die eerste stap is om die skool in te lig. Die meeste skole het anti-boelie strategieë; dit kan egter nie altyd effektief wees nie. Baie dikwels kan bullebakkery op skoolgronde gebeur sonder dat onderwysers weet. Daarom moet jy die skoolhoof en jou kind se onderwysers inlig oor die situasie. Skryf ’n formele brief waarin jy verduidelik wie die boelie is, hoe jou kind geboelie word en waarom die onderwysers bekommerd moet wees. Jy kan ook ’n afspraak met ’n onderwyser maak, maar maak seker dat jy jou verduideliking op skrif sit (elektronies of per hand). Dit dien as bewys dat hulle nou ingelig is. Sê vir die onderwyser en skoolhoof dat hulle die boelie moet ondersoek en om enige verdere afknouery op hul terrein moet voorkom. Op hierdie manier kan die mense wat veronderstel is om die veiligheid van jou kind te verseker, nie meer die probleem ignoreer nie.

As die bullebakkery baie ernstig was en dat jy die dringend van die problem moet beklemtoon, kry ’n prokureur om die brief te skryf sodat die skool weet hoe dringend die situasie is. Dokumenteer ook enige fisiese mishandeling per foto, indien enige, en as jou kind emosionele trauma ondergaan het, soek die hulp van ’n sielkundige of terapeut.

Stuur die boodskap hard en duidelik.
Die tweede stap is om die ouers van die boelie in kennis te stel van die situasie en hulle te laat weet hoe belangrik dit is om hulle kind aanspreeklik te hou. Dit kan gedoen word deur hulle in te lig dat jy regstappe sal neem as die boelie nie dadelik gestop word nie. Beklemtoon die feit dat indien die boelie nie ophou nie, die wetsowerhede betrokke sal raak. Laat hulle weet die skool is bewus van die situasie en daar sal ernstige gevolge wees as hul kind nie ophou nie. Daar is ’n anonieme aanhaling wat sê: “Dit gaan daaroor om boelies, en in sommige gevalle hulle ouers, verantwoordelik en aanspreeklik te hou.”

Teen hierdie tyd is die skool en die ouers van die boelie bewus van die situasie. Gesamentlik met die bedreiging om regsamptenare te betrek, moet die boelie baie druk voel om die afknouery te stop. Gewoonlik, wanneer ’n boelie voel die gewig van hul gevolge (soos om uit die skool geskors te word of selfs ’n kriminele rekord as daar ernstige fisiese afknouery was), veel groter is as die plesier wat hulle uit bullebakkery kry, sal hulle stop.

Wat as die boelie nie ophou nie?
Dit is een van ’n ouer se grootste vrese: “Wat as ek met die onderwysers en die boelie se ouers gepraat het, en die boelie hou steeds aan?” Wel, dan moet jy ’n prokureur aanstel en ’n ’n saak oopmaak. Dit is ’n pynlike proses, maar die veiligheid van jou kind sal daarvan afhang. Wees eerder die ouer wat ’n mense ontstel as om later ernstige gevolge hoef te hanteer – byvoorbeeld, jou kind kan sielkundige skade of depressie ontwikkel of in uiterste gevalle die verlies van jou kind as gevolg van selfmoord. Jou prokureur sal jou help om die verdere vereiste aksies te neem.


5. Jou aksies kan die hele skool verander.

Die oomblik wat een boelie suksesvol gestop is, sal daar ’n fantastiese transformasie wees in die manier waarop skole bestuur word. Onderwysers sal meer waaksaam wees, boelies sal twee keer dink voordat hulle ander kinders teiken of seergemaak en kinders wat ook geboelie is, kan uiteindelik die moed kry om teen hul eie boelies op te staan. Moenie bang wees om die ouer te wees wat teen boelies opstaan nie. Dit is in die beste belang van alle kinders in die skool.

*Afrikaanse Skoolprojekte se advies moet nie gesien word as regsadvies nie, maar slegs voorstelle aan ouers. As afknouery ernstig is, beveel ons aan om die owerhede of die kinderhulplyn per telefoon te skakel by 08000 55 555.


Ons wil alle ouers aanmoedig wat kwessies hanteer waar hul kinders geboelie word. Bly sterk en beskerm jou kinders. Daar is ’n anonieme aanhaling wat sê: “Bullebakkery is nie ’n weerspieëling van die slagoffer se karakter nie, maar eerder ’n teken van die boelie se tekort aan karakter.” Herinner jou kinders dat ’n boelie se optrede nie hul skuld is nie, dit is altyd die boelie se skuld. Help jou kinders om hierdie situasies te oorkom en bo die omstandighede uit te styg.

© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.

HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?

As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.


LEWER KOMMENTAAR

Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.

  • Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
  • Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
  • Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.

SOORTGELYKE ARTIKELS

HOE OM ’N GESONDE SELFBEELD TE ONTWIKKEL

Jou selfbeeld beïnvloed die besluite wat jy maak, die verhoudings wat jy het en uiteindelik die pers...

Lees

5 WENKE OM JOU SELFVERTROUE BINNE EN BUITE DIE KLASKAMER OP TE BOU

Het jy geweet daar is kragtige wetenskaplike maniere waarop jy dadelik meer selfvertroue kan verkry?...

Lees
Terug na blog

Ontwikkeling en Bediening: Resolve Technology Solutions

Ontwerp en SEO: Avelantis

© Kopiereg 2003 - 2024 Afrikaanse Skoolprojekte. All Regte Voorbehou.
Geen inligting of dokument mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie.