ONS WORD 20
Dinsdag, 11 Maart 2025
Deur Afrikaanse Skoolprojekte
Vier 20 jaar van Afrikaanse Skoolprojekte.
Vier 20 jaar van Afrikaanse Skoolprojekte.
ONS WORD 20
Afrikaanse Skoolprojekte vier sy 20ste bestaansjaar
Dankie aan ons lojale kliënte - ouers, grootouers en voogde - vir julle lojaliteit, asook die vertroue wat julle in Afrikaanse Skoolprojekte stel om kinders se akademiese ontwikkeling te bevorder oor die afgelope 20 jaar. Dit is ’n groot eer. Ons sal aanhou streef na uitnemendheid.
Dit is ’n nederige gedagte om te weet dat van die kinders wat ons studiehulpbronne gebruik het toe ons net begin het, het intussen hoërskool voltooi, na universiteit gegaan, begin werk, getrou en het nou hul eie kinders wat ook by ons aangesluit het.
Alhoewel baie verander het sedert ons in 2005 ons deure geopen het, is ons dankbaar vir die geleentheid en trots op ons bydrae aan skoolkinders.
Ons het begin met net 250 skooltake - wat ons digitaal op CD’s verkoop het. Dit was destyds iets nuuts op die mark vir die Afrikaanse taal. Ons het die CD’s weekliks gepos. Ons het in tydskrifte geadverteer. Sosiale media soos ons dit nou ken het nog nie bestaan nie en die internet was nog in sy kinderskoene.
Ons het uitgebrei met meer produkte en later ons eie webwerf bekendgestel wat mense in staat gestel het om lêers onmiddellik na hul rekenaar af te laai. Ons verwys met ’n glimlag daarna as die tyd toe ons die Afrikaanssprekende gemeenskap geleer het hoe om die internet te gebruik.
Deur die jare het ons verskeie weergawes van ons webwerf ontwikkel, met verbeterde funksies om ons kliënte die beste gebruikerservaring te gee. Ons het ook ’n Engelse weergawe van ons webwerf, ASP School Projects, bekendgestel.
Gedurende die jare het ons uitdagings oorkom en sodoende meer insig gekry hoe om beter diens aan ons kliënte te lewer.
Dankie aan ons wonderlike span vir hul waardevolle bydrae en almal wat saam met ons gewerk het aan ons onderneming. Ons waardeer elkeen se pogings opreg en wens hul voorspoed toe.
Die eerste 20 jaar is net die begin. Ons sal met passie voortgaan om in kinders se lewens ’n verskil te maak – en vir ouers gemoedsrus te gee.
SLUIT AAN BY ONS
Gee vir jou kinders die geleentheid om hul potensiaal te bereik
Registreer op ons webtuiste om jou profiel te skep.
’n Rekening word benodig om jou subskripsie te aktiveer.
Besoek asseblief hierdie bladsy vir volledige stappe Hoe Om Aan Te Sluit.
Sluit nou aan
Verbreed jou kennis | Oortref jou potensiaal
© Kopiereg Afrikaanse Skoolprojekte. Alle regte voorbehou. Alle inligting hierin is die intellektuele eiendom van Afrikaanse Skoolprojekte en is beskerm deur die wet, insluitend maar nie beperk tot kopieregwetgewing nie. Geen inligting mag op enige manier gereproduseer, gekopieer, versprei en/of herverkoop word sonder die skriftelike toestemming van Afrikaanse Skoolprojekte nie. Afrikaanse Skoolprojekte behou verder die reg voor om enige toestemming te onttrek indien ons van mening is dat die gebruiker enige voorwaardes waaronder toestemming gegee is oortree. Uittreksels en skakels mag gebruik word, mits volledige en duidelike krediet aan Afrikaanse Skoolprojekte gegee word, met toepaslike en spesifieke aanduiding na die oorspronklike inhoud. As prente gebruik word, mag ons watermerk nooit afgesny of verwyder word nie. Ons moedig ons lesers aan om ons artikels via e-pos en sosiale media netwerke te deel deur middel van ons skakels. Sien asseblief ons Bepalings en Voorwaardes as jy onseker is oor die gebruik van ons materiaal.
HET JY VAN DIE ARTIKEL GEHOU?
As jy van hierdie artikel gehou het, teken in op ons nuusbrief. Jy sal gratis waardevolle advies en wenke ontvang om jou kinders se akademiese prestasie 'n hupstoot te gee.
LEWER KOMMENTAAR
Ons wil graag hoor wat jy dink. Lewer kommentaar op hierdie artikel.
- Jou persoonlike kontakbesonderhede sal nie gepubliseer word nie, slegs jou naam.
- Ons streef daarna om deursigtig te wees. Alle negatiewe resensies of positiewe kritiek sal gepubliseer word.
- Jou terugvoering sal hersien word vir enige ontoepaslike taalgebruik voordat dit gepubliseer word.